Pages

Tuesday, May 13, 2014

Kinderhuiskamp April / Mei 2014


Die kamp breek aan ... eindelik ... maande se afwagting, voorbereiding, netwerking, gebede en nuwe vriendskappe ...


Ons droom en visie ... waar kinders weer kinders kan word en wees ...


Na al die baie reën in Februarie, was daar nog lekker baie water in die rivier sodat klein en groot daarin kon baljaar! Verseker almal se gunsteling aktiwiteit die heel week!




Wat is dan nou lekkerder om so in die sand te kan speel en bou!



Trekkerbinneband ry al met die rivier langs ... dit was pret!


Carla van Harmelen, vriendin uit die Kaap dra die kleingoed rond wat bietjie sukkel om self deur te loop.


Ons braai stokbrood reg langs die rivier! Vir meeste (groot en klein!) was dit 'n eerste!!


Gerard en Tiana van Harmelen, al die pad van die Kaap deel van Jesus se liefde deur middel van Piet en Griet, wat boetie en sussie is asook beste maatjies!
Die kinders het groot-oog na die 2 karakters gesit en kyk en luister. Ons vertrou dat die saadjies wat hier gesaai is, wel weggebere en onthou sal word.


Ons maak gipsvormpies van dierespore wat in die veld opgespoor word.


Stap deur die veld is so wonderlik om een-tot-een geselsies met sommige kinders aan te knoop en ook saam die natuurskoon te geniet en waardeer!
Hier stap Katharina Schmaus vanuit Munchen, Duitsland saam met een van ons maatjies! Wat 'n voorreg was dit nie gewees om sulke wonderlike vrywilligers van ver en naby saam met ons te kon hê nie! Ons dank Pappa Vader vir elkeen wat soveel van hom of haarself kom gee het ...



Vertrouensverhoudings is gebou ...


Boeresport is groot pret! 'n Mens se hand ruik net lank na rou eier indien jy hom 'verkeerd' gevang het ... !


Ons dierbare kokke het voortdurend gesorg vir 35 honger magies en ons is sommer baie keer net lekker bederf ook! Dankie Natasha en Jan! Dankie ook aan al die donateurs wat ruimtelik gegee het ...


En as 'French Fries' voorberei word, wie dan beter as ons eie Miss America, Nicole Evans, al die pad van Coulee City in Washington!


Die kinders op 'n uitstappie na Marakele Predator Park net buite Thabazimbi. Almal lyk te mooi in hul groen plaaskamp t-hemde wat deur baie spesiale mensies geskenk en laat maak is! Dankie julle!


Ons kon ook kreatief wees... mosiaek, krale ryg en verf om maar 'n paar aktiwiteite te noem ...




Jenny en Chris van Pretoria kamp saam ons vir die 2e keer en gaan ook die komende naweek weer saam ons kamp, die keer 'n ander kinderhuis en ander pragtige dogters. Dankie julle!


Een van die hoogtepunte op die kamp! Prinsesse dag! Hoe spesiaal was dit nie om hul voete te kon was ...
(Riana in haar element... is ons nie reeds hier op aarde om ander te dien nie..??)

  
en hare te was ....


 Ps 139: 13 - 18
" U het my gevorm, my aanmekaargeweef
in die skoot van my moeder.
Ek wil U loof,
want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is
waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.
Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, O God, hoe magtig is hulle almal!
As ek hulle sou wou opnoem - 
hulle is meer as wat daar sand is,
en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê."

Pappa Vader het elkeen van hul met soveel liefde gemaak en wil hê dat hul moet weet dat hul Sy prinsesse is!







Hieronder is Bianca van Harmelen wat ons saam met haar gesin met haar liefde en deernis vir die kleintjies kom dien het!


Dankie Pappa Vader vir die geleentheid wat elkeen van ons gehad het om hierdie kinders te kon dien met liefde en omgee! Mag U elkeen van hul vashou en bewaar en self die na-prediker wees van alles wat in hierdie tyd op die plaas in hul hartjies ingeplant is. Dankie dat ons weet dat U elkeen so besonder liefhet! Ons eer U naam!

En so moet ons na 8 dae se speel en lag, tot siens sê ...


Ons kamp weer hierdie naweek saam met 11 tienerdogters van Nylstroom! Bid asb saam met ons dat Jesus vir elkeen van hulle 'n werklikheid sal wees.

Ons vertrek 22 Mei na Bulgarye vir 'n maand! Ons sal jul op hoogte hou van ons doen en late! Bid asb dat Vader ons duidelik sal lei, elke treë,

Thursday, October 31, 2013

Ons groet die kinders

Hierdie is ons laaste aand saam met die kinders. Spesiaal, maar hartseer...
Ons wys vir hul foto’s en videos wat ons die jaar asook laasjaar van hul geneem het.  Het hul dit nou geniet!! Ongelooflik!
 





                     Hul het so ‘n groot behoefte aan liefde en aandag ...






 Heel links is juffrou Mariana (24) wat soveel omgee vir hierdie kinders en in ‘n sekere sin die laaste vier jaar van haar lewe aan hulle gewy het.



Lekkernye is altyd ‘n treffer! Of dit nou in Suid-Afrika of Bulgarye is, maak nie saak nie!!




Dankie Here vir hierdie geleentheid wat ons saam met die kinders kon gehad het. Mag ons paadjies weer kruis...

Gasvrye mense in Gostilitsa!

Die mense van Gostilitsa was goed vir ons… Baie goed! Ons is vir etes genooi  en so bederf!  Mense het ons net sooo spesiaal laat voel! ‘n Aandete in Bulgarye word afgeskop met baie slaai en rakia, meestal tuisgemaak, ongeveer 40% alkohol....Sjoe!!  Jy ‘sip’ vir meer as ‘n uur aan so drankie en geniet die slaai en geselskap! Dis die kultuur! Christoph moet ons herhaaldelik herinner om staaadig te eet! Tyd vir kuier en saam-eet geniet ‘n baie hoë prioriteit!


Iva se jongste dogter, Nicole (2e van regs) word 18 en ons kuier saam!


Ons liewe liewe vriendin Iva en haar oudste dogter, Radina! Sonder haar sou Bulgarye maar moeilik gegaan het! Ons laat-aand-kuiers saam was besonders en ons sal dit geweldig mis. Ons het soveel van hul geleer!






Dierbare Deschka en haar man Stefan! As dit nie aandete is nie, is dit ontbyt, of eiers of haasbredie of resepte en lang verduidelikings in Bulgaars/Engels oor hoe om pampoen in te lê!




Mariana en Dmiter, altyd so angstig om te gee en te kuier! Al gaan dit met baie meer gebare as woorde gepaard!


Selfs die ‘village’ se koei het weer kom inloer en sommer die gras bietjie in toom kom hou!


Roy en Debbie, ons Britse vriende kuier ook te lekker!!


Yonka en Misho het ons ook kom opsoek... Lekker!


Die mense se gasvryheid en omgee is so, so spesiaal!