Pages

Sunday, August 5, 2012

Die kinders neem afskeid

Die laaste dag voor die kamp het aangebreek, en die program pas aan daarby...
Hieronder word daar geleentheid gegee vir van die kinders om te kom vertel wat hul die meeste geniet het op die kamp. Links is Ina, een van die Bulgaarse tolke.


Die wenspan vir die week word aangekondig!


 Vrydagoggend... die oomblik van afskeid neem het aangebreek...
Die kinders ontvang elk 'n geskenkpakkie vanaf die spanlede, dit help 'n bietjie om die hartseer weg te neem, vir die kleintjies in elk geval...



'n Week van liefde gee, liefde ontvang, kom tot 'n einde, en vir menige is dit weer terugkeer na die 'gewone / normale' gang van sake...



 Christoph en klein Stefcho... Ai, hy is sooo dierbaar en 'cute'!


Iets ongewoons, in party se pakkies was sjokolade, en meeste van die outjies het die sjokolade begin eet en met ons kom deel... asook van hul sagte speelgoed vir die vrywilligers uitgedeel... gee mens nogal 'n nuwe perspeksie op 'mededeelsaamheid'

Die afskeid is ook vergemaklik deurdat ons en hulle geweet het dat ons hul Saterdagoggend in hul tuis-village, die Mahala, sigeuners woonbuurt, sou besoek. Die kinders het ons ingewag by die skool en hul opgewondeheid om die bus te sien waarin ons was, was iets hemels om te aanskou! By my staan 11-jarige Atanaska, wat baie diep in my hart ingekruip het...




Die kinders was baie opgewonde om hul huisies vir ons te gaan wys... Guilka is een van 7 kinders en haar mamma langs haar is maar 27. Meisies in die Roma kultuur 'trou' op die ouderdom van 13 tot 16.


Interaksie met die kinders is meestal fisies, aangesien die taal ons maar baie pootjie!

Saturday, August 4, 2012

Laaste paar dae op die kamp

Die kinders leer ons ken en ontspan meer teenoor ons, dis baie lekker en spesiaal! Ons leer so baie...  van die kinders se onvoorwaardelike liefde en vreugde, die vrywilligers se deelname, praktiese kamp dinge, maar meer as dit leer ons nog steeds van onsself en hoe groot God is!

Hier is 'n paar foto's van oomblikke op die kamp.

Dans is deel van die Roma kultuur en van kleins af swaai hul daai lyfies op maniere wat ons nie kan nie!









Christoph en klein Stefcho, as ons tasse groot genoeg was... 


Verf buite op die stoep is een van hul gunstelinge! 



Die verf het egter nie op die papier gebly nie!




 Ons nuwe Duitse vriendin, Katharina en Jordan.



Tussendeur het die span baie pret gehad - kompleet gevoel of ons weer op Tukkies se eerstejaarskamp is! Christoph het dit natuurlik vreeslik geniet, en die spanlede het hom so deel van die groep gemaak!



Iets totaal en al nuuts vir my... die kleinste dogtertjie op die kamp, Valia, se koppie het gewemel van die kopluise en 'n paar van ons het vir omtrent 2 ure gesit met hierdie operasie... 



 Dis so maklik om van jouself te gee vir hierdie outjies... Die taal - 'barrier' het net 'n groot leemte en magteloosheid by my gelaat.



Thursday, August 2, 2012

Kamp aktiwiteite

 Die aktiwiteite vir elke dag word opgedeel in 'n oggend, middag en aandprogram.
Die oggendprogram begin met 'n poppekasvertoning waartydens belangrike reels en inligting oorgedra word aan die kinders. Dit is die beste manier om 51 woelende, opgewonde kinders te laat luister. Ons sing dan ook almal saam voor ons in ons oggendgroepe verdeel. Die kinders is in 3 groepe ingedeel volgens ouderdom vir hierdie aktiwiteit.  Hier vertel en illustreer ons Bybelstories, memoriseer Bybeltekse, sing nog liedjies en ander speletjies wat min of meer by die teks aansluit.

Christoph en sy groep (vir die 10-jariges) behandel hier Jesus se eerste wonderwerk waar water in wyn verander is. Christoph is die kelner...



Die oudste groep (ouderdomme 11 - 13) doen 'n praktiese illustrasie van hoe dit is om iemand blindelings te vertrou. Ons moet God so vertrou.


Die kinders se reaksie op die 'blinde man' bo ...




Ek is deel van die jongste groep (kinders tussen 6 en 9). Ons het hier die verhaal van Dawid en Goliat behandel en die kinders het geleentheid gekry om Goliat met waterbalonne te gooi! Dit was baie pret!






Bo en regs: Ons sing "Any dream will do" saam met die storie van Josef. Ek dink liedjies is 'n groot gunsteling by kinders van alle kulture!


Dis so spesiaal om die kinders in hul taal te hoor bid...
 Speletjies om Bybelverse te leer en meer pret te maak sluit onder andere legkaartbou in.

Na middagete gaan hul na hul kamers en moet rus (volgens regulasies van die staat), maar ons kla nie, want ons kry dan ook gou 'n breek om wasgoedjies uit te spoel, bietjie te rus of te blog, ens ens ens... Die middagprogram met 'snacks', waar hul eetgoedjies kry in die eetsaal. Dan het ons elke middag 'n ander kuns aktiwiteit vir 'n uur. Die kinders geniet dit geweldig! Hier maak hul juwele.


En is baie trots daarop...!!!


Jack het hier op die kamp 70 geword! Die kinders maak vir hom 'n groot verjaardag kaart tydens kuns een middag.

Na kuns is daar georganiseerde sport asook vryspel tot aandete. Dis net lekker om die kinders te jaag en te vang, te druk en liefde te gee!


As deel van die aandprogram het ons die dogtertjies gepamperlang, hulle het dit natuurlik vreeslik geniet! 




 Die kinders neem graag jou kamera om 'n foto van jou te neem... Hier staan Kobus voor die gebou met die ongelooflike uitsig agter!