Pages

Saturday, September 28, 2013

Saterdag - tyd vir buite werk

 Vanoggend was lekker koel! Hierdie Bosvelders is maar bang vir die koue wat kom!
Christoph en Jordan maak die 'Petchka' skoon.

Ons eie houtkapper!


Van oerwoud ...
















Na tuin ...

Nadat Jordan in hierdie deel bietjie met die randsnyer ingespring het...


Hierdie brandnetels moet uit... weer ...


Na die somerreëns en ons vriende terug na Suid-Afrika so 3 maande terug, is als weer toegegroei!


Soveel groei in so kort tydjie... Sjoe!


Die paadjies moet ook skoon...


Instandhouding hou nooit op nie, nêrens nie!



En vanaand is ons genooi vir Rakkia en aandete by ons liewe vriende en bure, Iva en Krassi!

Nuwe talent vir Bafana Bafana!

Die Bulgaarse skole het laasweek begin en die kinderhuiskinders is terug in Gostilitsa! Ons het reeds 2 middae saam sokker gespeel en vanmiddag het die kinders soos 'n swerm bye op die sokkerveld toegesak etlike oomblikke nadat die Bafana Bafana spelers opgedaag het!


Die rede vir die kaal bo-lywe is om die verskillende spanne aan te dui. Dis die styl hier :-)


Intussen leer ek die kinders se name asook 'n bietjie taal! Dit gaan maar met baie pyn gepaard...!! Ek weet nie wie die meeste gefrustreerd is nie, die kinders of ek! Hul kan nie glo dat iemand so met die taal kan sukkel nie. Toe ek vandag hul name onthou was daar darem groot glimlagte op hul gesigte!


Die Roma mense se hoof vervoermiddel is perdekarre soos hierdie! Die geluid van perdehoewe in die pad is 'n baie welkome een vir ons stadsjapies wat nie baie perde sien nie! Die kinderhuis skool is in die agtergrond. Daar is tans 55 kinders vanaf Gr 1 - Gr 8.


Ons stap terug huis toe na die sokkerspelery. Die son gaan so half 8 eers onder. Die weer is sover baie lekker! Was so 28 grade vandag. Ons verwag egter koeler weer binnekort.


Thursday, September 26, 2013

Terug in Gostilitsa!

Terug in Gostilitsa! Bekend, dog vreemd, tog amper weer huis...

Die trap na die huis se voordeur, enigste deur... Welkom!



 Mens kan nie glo hoe die bosse teruggroei nie! Christoph werk fluks om onder die wasgoedlyn skoon te skoffel!


Verrassinkie in die plafon tussen die 2 verdiepings, veroorsaak dat Kobus en Jordan die boonste stort moet 'uithaal'


'n Dors rot of 2 veroorsaak baie moeite...


Oop vensters beteken die mense "ot Jussne Afrika" is terug!


Ons Bulgaarse vriende ontvang ons met soveel liefde!! Al die drukkies en glimlagte maak dit so spesiaal om terug te wees!! Etes word voorberei en aangedra asook vars groente uit hul tuine! Wat 'n 'blessing'!

Wednesday, September 25, 2013

'n Baie spesiale Sondag...

In Kuystendil is daar 'n paar klein Evangeliese en/of 'Pentecostal' gemeentetjies en ons het die voorreg gehad om 2 verskillendes by te woon verlede Sondag! 

Die oggenddiens was saam met Bulgaarse vriende wat Jack en Elsabe ken sedert hul aankoms hier in Bulgarye. Ons het in die pastor se huis ook tuisgegaan vir die tydperk hier in Kuystendil. Dis ongelooflik wanneer 20 of so gelowiges uit volle bors saamsing terwyl Pavel, die pastor, klavier speel ...

Die middagkerkdiens by 'n jonger gemeentetjie was weer iets heeltemal anders! Die pastor daar is 'n oud-kinderhuiskind wat Jack en Elsabe ook al baie lank ken. Wow! Wat 'n belewenis! Daar is soveel vuur en vreugde in die paar jongmensies se harte!! Yuli speel self die kitaar hier. Sy liefde vir musiek het hom na die Here toe gelei, een aand lank gelede...

Sy boodskap: Hy as weeskind het 'n Vader in die hemel! En daaroor moet hy sing!

'n Smakie van hoe die lofprysing geklink het.

Lekker om terug te wees in Bulgarye!

Bulgarye hier is ons!

Wat 'n wonderlike verwelkomingsgeskenk toe Jordan, Jack, Elsabe en Lora ons op Sofia lughawe inwag!! Ons het die Kapenaars, wat reeds 15 jaar in Bulgarye woon en vir die Here werk, nie ook op die lughawe verwag nie!
 

Kuystendil, so 90km vanaf Sofia, is waar hul werk tussen die Roma kinders in verskeie kinderhuise. Lekker om terug te wees! So boomryk!



 Ons het die 'plakkersgemeenskap' waar die kinders vandaan kom besoek en heelwat kindertjies daar gekry wat ons van laasjaar se kamp onthou het! Van hul het ons sowaar herken! Dit was baie baie spesiaal!!


Ons het Maandag ook hul skool besoek waar dieselfde en meer kindertjies ons met groot gejuig begroet het! Hulle is so lief vir Jack en Elsabe, en toe ons arriveer het hul almal uit die klasse uitgestorm! Die onderwyseresse het maar die klok gelui om pouse aan te kondig!


Net soos op die kamp laasjaar is Kobus se "in die lug opgooi speletjie" baie gewild!





 'Spot' vir Kobus hier tussen die kinders! Hul is sooo uitgehonger vir aandag en liefde!

Altwee hierdie outjies het ons onthou van die kamp van laasjaar! Baie spesiaal!

 Ons speel 'n Bulgaarse speletjie! Ek moet maar vinnig leer!


 Altwee hierdie seuntjies was in my oggendgroepie laasjaar op die kamp! Dit was sooo spesiaal om hul weer te sien en te sien hoe hul gegroei het!

Die 'Foundation' wat Jack en Elsabe opgerig het, skenk elke jaar vir hierdie spesifieke kinderhuis en skool hout om hul warm te hou gedurende die winter. Ons was so gelukkig om te aanskou hoe die hout afgelewer word!


Oppad na Gostilitsa.... Bome en bome en nogmaals bome... Ons het alweer vergeet hoe mooi hierdie land is!