Pages

Thursday, October 31, 2013

Ons groet die kinders

Hierdie is ons laaste aand saam met die kinders. Spesiaal, maar hartseer...
Ons wys vir hul foto’s en videos wat ons die jaar asook laasjaar van hul geneem het.  Het hul dit nou geniet!! Ongelooflik!
 





                     Hul het so ‘n groot behoefte aan liefde en aandag ...






 Heel links is juffrou Mariana (24) wat soveel omgee vir hierdie kinders en in ‘n sekere sin die laaste vier jaar van haar lewe aan hulle gewy het.



Lekkernye is altyd ‘n treffer! Of dit nou in Suid-Afrika of Bulgarye is, maak nie saak nie!!




Dankie Here vir hierdie geleentheid wat ons saam met die kinders kon gehad het. Mag ons paadjies weer kruis...

Gasvrye mense in Gostilitsa!

Die mense van Gostilitsa was goed vir ons… Baie goed! Ons is vir etes genooi  en so bederf!  Mense het ons net sooo spesiaal laat voel! ‘n Aandete in Bulgarye word afgeskop met baie slaai en rakia, meestal tuisgemaak, ongeveer 40% alkohol....Sjoe!!  Jy ‘sip’ vir meer as ‘n uur aan so drankie en geniet die slaai en geselskap! Dis die kultuur! Christoph moet ons herhaaldelik herinner om staaadig te eet! Tyd vir kuier en saam-eet geniet ‘n baie hoë prioriteit!


Iva se jongste dogter, Nicole (2e van regs) word 18 en ons kuier saam!


Ons liewe liewe vriendin Iva en haar oudste dogter, Radina! Sonder haar sou Bulgarye maar moeilik gegaan het! Ons laat-aand-kuiers saam was besonders en ons sal dit geweldig mis. Ons het soveel van hul geleer!






Dierbare Deschka en haar man Stefan! As dit nie aandete is nie, is dit ontbyt, of eiers of haasbredie of resepte en lang verduidelikings in Bulgaars/Engels oor hoe om pampoen in te lê!




Mariana en Dmiter, altyd so angstig om te gee en te kuier! Al gaan dit met baie meer gebare as woorde gepaard!


Selfs die ‘village’ se koei het weer kom inloer en sommer die gras bietjie in toom kom hou!


Roy en Debbie, ons Britse vriende kuier ook te lekker!!


Yonka en Misho het ons ook kom opsoek... Lekker!


Die mense se gasvryheid en omgee is so, so spesiaal!

Tuesday, October 29, 2013

Dit word vaal rondom ons ...

Die mooie herfsklere is besig om te verander in vaal bruine en gryse. Dag na dag kan ons die veranderinge sien. Ongelooflik! Winter is verseker oppad!

Sneeu op die berge daar ver!



Een van die neutbome in ons tuin (agter die byl), hy was grasgroen en oortrek van blare toe ons hier aangekom het, 


... nou nog net 'n paar vaal dooies oor!


Oppad na Gabrovo, so 4 weke terug....


Dieselfde plek, verlede Vrydag. Al die kleur is weg!


Vroeg-oggend se stap om hierdie mooi vas te vang...


Die mis lê laag in die vallei onder Gostilitsa. Wat 'n prentjie!





Onder: Die eerste oggend nadat die tyd 1 uur terug geskuif het, met sonsopkoms, vanuit die huis.


Ons gunsteling plekkie, net buite die village, net na sonsopkoms ...



Kerktorings en skoorstene

Wat is die doel of funksie van 'n kerktoring ...???





Wat is die doel of funksie van 'n skoorsteen?? 


Eenvoudig ... Om rook uit te laat... Maar tog is daar soveel verskillendes.


Grotes, kleintjies, vettes, dunnes...


Mooies en eenvoudiges ...


Tog elkeen heel funksioneel!



Net soos skoorstene, lyk en is ons as mense ook so anders van mekaar. Wat is ons as mens se doel of funksie hier op aarde ... ?? Is dit nie hoofsaaklik om God, ons Skepper en Vader, Verlosser en Vriend, te verheerlik nie!

Monday, October 21, 2013

Tydjies saam met die kinders...

Die kinders is mal daaroor as Kobus hul so in die rondte draai! Selfs van die groter seuns ook!



Kleinstes in die skool, Mitko en Assen, beide 7 en in Gr 1! Dierbaar, dierbaar!


Veschka en Tsvetelina


Van die groter seuns...



Die krale ryg aand was heerlik!!! Vir ons almal!!!







 Christoph en Ivo, hy is 14 en regtig 'n oulike seun! Hul speel baie lekker saam sokker!




Trots op hul kralewerk! Skuus vir die kwaliteit van hierdie aandfoto's :-)