Saterdag het ons vinnig 'n draai gaan maak by die mark in Dryanovo waar mens alles en nog wat kan koop.
Self 'n worsrolletjie, wel soort van . . . .
Tuesday, May 29, 2012
Saturday, May 26, 2012
Die werk begin
Nuwe ervaringe,
treinry vanaf die grens tussen Turkye en Istanbul. Nie noodwendig een wat mens
elke week sal uitprobeer nie, maar so die moeite werd! Na die 2 ½ uur wag op
die stasie by die grens (waarna ons eers per bus vervoer is vir 3 ure, vanaf
22:00 – 01:00), was dit nogal ‘n vreemde gevoel om op ‘n bed in die lug, die
middelste ry van 3 stelle beddens bo-op mekaar in die trein te probeer slaap!
Om half 4 die oggend het die trein die stasie verlaat en dit het ‘n hele rukkie
geneem om te besef dat ek nie van die bed gaan afval nie! Net om deur ‘n
Bulgaarse dame in uniform gevra te word vir my ‘pasport!’. Sy verdwyn in die
gangetjie af met ons paspoorte en ons weet nie wat nou gaan gebeur nie! Na wat
soos ‘n halfuur gevoel het, het ek weer ons paspoorte terug, en kon ek begin
insluimer, al wiegende.. Teen 9 uur die oggend het my opgewonde seuna my kom
wakker maak en aangekondig dat ons nou amper daar is! Nog 2 ure van afwagting
gaan verby terwyl ons die mooi rondom ons indrink en opgewonde lag en gesels. Bulgarye
is mooi... baie mooi....
Midnight snack by die grenspos...
En hier is ons...! Wat 'n emosionele ervaring... om terug te wees ... een wat nie in woorde uitgedruk kan word nie ... Wat 'n voorreg!
Elkeen het 'n werkie! Of twee! Of drie!!
Hout moet gesaag en gekap word vir die volgende winter
Die kelder moet 'leeg' gemaak word voor die groot 'septiese tenk' daar ingesit kan word. Bottels en bottels en en nog vrot bottels van wie weet hoeveel jare terug se ingelegte tamatie-sheba-sous en wat ookal, moet weggegooi word! En weggooi is nie so eenvoudig soos dit klink nie... Tswane vullisverwyderings trokkies ry nie hier om nie.... Dis nogal 'n uitdaging om van die 'afval' ontslae te raak. Of gaan ons maar kyk of ons die 'landscaping'-ding kan doen...
Die stukkende bottels moet fyner gestamp word.
Christoph plant kruie
Vensterrame word afgeskuur en geverf
Christoph het al hierdie hout self mooi reggepak en selfs baie van dit self met die byl gekap!
Ons skuur ons buurvrou, die burgermeester, Maria, se vensterrame af, om ook later te verf. 'n Lekker werkie vir vrouens!
Dit reen, maar die werk moet aangaan! Sement word gemeng om Eva se badkamer vloer te gooi! Wat 'n spanpoging!!! Wow!!!!
'n Boer maak 'n plan! Emmers vol 'dagga' word opgehys.
Die vloer in wording!
Ons eet almal saam in Eva se kombuis. Bulgaarse frikkadelle en sop en brood. Sy kan Engels praat en ons kuier en lag te lekker! Ons luister graag na al die tradisies uit haar verlede.
Hmmm, ons eet lekker kaasbroodjies en tamatiesop, gemaak in die nuwe kombuis wat Jean-Pierre en Jordan geinstalleer het! Yvonne lyk te mooi in blou vandag! Ons het die mark in Dryanovo besoek en kon bietjie 'mooi' aantrek!
Monday, May 21, 2012
God doen altyd meer as wat ons kan bid of dink
Gaan kyk asb. na die: One of those 'Godincidences' (Ek gaan dit nie beter kan beskryf nie.) Die gesprek wat ons saam met "Big J" oor aand ete begin het, het tot laat in die nag in ons 10 bed hostel kamer voort geduur. Ons het die kamer met 'n Chinees en 'n Amerikaner gedeel. Gelukkig was ons in die meerderheid :-) Hier was dit 'n geval van die vroeë voetjies van die (enigste) stort.
Hoekom lyk al die blomme so bekend?

Noem ons dan nie hierdie blomme Afrikanertjies nie . . .?
Die Engelse vertalings laat jou somtyds so 'n bietjie wonder.
Sorry we're NOT closed ?
(Don't) Tear up the flowers! ??
Sunday, May 20, 2012
Istanbul... People, alleys and mosques...
Istanbul... People, alleys and mosques...
The team walking over the Bosphorous channel, what an experience!
Major transport infrastrucure... trams... they take you any place, any time... wonderful!
The team, exploring Istanbul.
The old city wall. After all these years, still standing... well, part of it!
Turkish Delight! Wherever you are, in every alley and around every corner. And yummie!
This man selling ice cream in a different way... he fools you by keeping taking it back and playing a game, and the ice cream is something between toffee, ice cream and... well, just very different! And what fun to experience this! Christoph really enjoyed it!
Saturday, May 19, 2012
Istanbul... first impressions
We are here! In Istanbul for now, that is...
From the rooftop of the hostel we are going to spend 2 nights. At the back is the well know Haggai Sophia.
Another angle..
The street down below...
Tired... this is the life... lying on the floor on carpets, together with people from all over the world... cultural experience no 1...
Another angle from the rooftop - the Bosphorous channel... I'm going to leave the blog now... have to go explore a bit while we wait for the rest of the team!
Thursday, May 17, 2012
ONS HET DIT NIE SIEN KOM NIE...
Die blog het ‘n bietjie stilgestaan by die laaste dag in Bulgarye, Oktober
2011, maar ons paadjie het allermins…
17 Mei 2012 – vooraand van ons volgende reis na Bulgarye! ‘n Opgewondenheid
brand binne ons, opgewonde en afwagtend om die volgende fase van ons
‘roalercoaster’ rit saam met God mee te maak!
Soveel het gebeur sedert ons laaste besoek aan Bulgarye, in Oktober 2011...
God se sagte aansporing om los te kom van die wêreld... wat beteken dit
alles? Hoe kry mens dit reg terwyl jy nog IN die wêreld is met al die
uitdagings van die wêreld?
God kom maak deure oop, Hy kom wys ons, treë vir treë, waarnatoe volgende.
Hier is net een van so baie Woorde wat God ons kom gee het net nadat ons terug
gekom het...
Psa 32:8
(ANV) Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat
jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.
(AOV) Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die
weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
(ESV) I will instruct you and teach you in the way
you should go; I will counsel you with my eye upon you.
God kom wys vir Kobus en Gerard (vennoot en vriend vir jare) dat hul moet
oop wees vir ‘n ander manier van werk.. dalk verantwoordelikhede by die werk
deel? Aan en af mekaar aflos, dalk 6 maande / 6 maande… 3 maande / 3 maande…
Sodoende kan elkeen van hul ‘vry’ kom van hul verantwoordelikhede by die werk
en tyd spandeer waar God hul na toe roep…
Wat van ons huis in Wapadrand? God deel met ons mee om in ‘n 2-slaapkamer
tuinhuis by Gerard hul, op hul plot (landgoed) in Glen Austin, Midrand, in te
trek en sodoende in ‘n posisie te kom om net ‘deure te kan toetrek’ en honde in
veilige versorging te los... Hul huurder trek ‘vanself’ ‘n week voor ons moet
verhuis uit! God se tydsberekening en planne het geen detail uitgelaat nie! Ons
ontvang wonderlike huurders, letterlik die tweede gesin wat kom kyk het, en
teken ‘n 2 en half jaar kontrak!
‘n Volgende gevolg is dat God ons lei om Christoph tuis te onderrig
(homeschool). Hoe God ons seuna self hiertoe voorberei het, het ons ouerharte
met diepte en deernis gevul! Ons dien ‘n God, wat so groot is en lief is vir
ons, dat Hy in elke klein besorgdheid van ons voorsien! Wat ‘n voorreg is dit
nie, om hierdie pad saam met jou kind te stap, en te sien hoe God hom vorm nie!
Wat ‘n voorreg, en ons dank ons Hemelse Vader gedurig hiervoor!
Tussen die trekkery na ‘n ander deel van ons land (glo ons, Midrand en
Pretoria is 2 wêrelddele, net 50 km verwyder van mekaar!) en die homeschool se
babastappe neem, het God ons kom seën met 2 ongelooflike kinderhuiskampe op die
plaas! Hy het arbeiders gestuur om saam met ons te dien, en Hy het ons nie
teleurgestel nie. Ons is tot geen van hierdie dinge instaat nie, net Hy kan in
en deur ons werk! Met hierdie besef, was dit of alle krane van seën oor die
kinders en oor ons uitgestort is! Wat ‘n belewenis! Ons dank God en ons dank
elkeen wat van homself kom gee het!
In ons agterkoppe en ons harte het ons geweet dat ons graag weer wil terug
gaan Bulgarye toe ... dat God ‘n plan het daar vir ons ... Een van die drome
wat ons gehad het, was om saam met Jack en Elsabe Louw, sendelinge uit die Kaap
wat nou al 14 jaar in Bulgarye werk, ‘n kamp met kinderhuiskinders in Bulgarye
te doen. Nooit het ons besef, dat God hierdie droom van ons so gou gaan
waarmaak nie! Met Jean-Pierre, Rita en Jordan se regmaak om Bulgarye toe te
vertrek om die huis in Gostilitsa te gaan begin restoureer, en regmaak vir die
eerste uitreikspan, het ons besef dat ons harte brand om te gaan! Die 1e
uitreikspan se datum is bepaal... die kamp saam met Jack en Elsabe se datum is
bepaal... Die tydsverloop tussen die eerste uitreik en die kamp, is 3 maande!
Tydens ‘n oggenddiens by die kerk, kom bevestig God vir ons, dat ons kan gaan!
Vir 3 maande! En hier staan ons op die vooraand van hierdie 3 maande...
Wat God nie alles kom doen het nie! Ons staan in verwondering... Ons eer
Hom! Die opgewondenheid brand binne ons...
Psa 18:29 (18:30) Want met U loop ek ‘n bende storm, en
met my God spring ek oor ‘n muur.
Subscribe to:
Posts (Atom)