Pages

Saturday, June 16, 2012

Waterval uitstappie


Britse vriende wat JP en Rita gemaak het hier, het ons genooi om saam  met hulle na ‘n waterval so 20km van Gostilitsa af te besoek. Wat ‘n heerlike uitstappie! Nie te rof vir die onfikses onder ons nie, maar tog ook genoeg om mens se asem bietjie te laat blaas! Maar als verseker die moeite werd!




Weggesteek in die bosse... selfs nie eers Bulgare in Gostilitsa weet van hierdie plekkie nie! Thank you Roy, for sharing this beautiful spot with us!

Jordan altyd gereed vir avontuur...


Kom Christoph ... jy moet voel hoe koud die water is!





Sommer net mooi!

Saturday, June 9, 2012

'n Baie spesiale groep mense

Spesiale oomblikke saam met die span...

2 weke van dien, in 'n vreemde land, vreemde taal, vreemde gebruiksartikels, vreemde kos, vreemde werkies, vreemde geluide, vreemde reuke, vreemde mense...

Dankie vir elkeen wat deel uitgemaak het van die eerste dien-span na Bulgarye. Dankie dat jul saam met ons hierdie 'journey' aangepak het. Dankie dat jul God toegelaat het om in jul lewens in te spreek. Dankie dat jul nuwe dinge gewaag het, alles om hierdie reis net meer die moeite werd te gemaak het. Ons leer van onsself wanneer ons uitdagende, nuwe en soms waaghalsige dinge aanpak, meer as wat ons dalk altyd wil. Dankie dat ons meer van mekaar ook kon leer, vir al die saam lag en grappies maak, saam gesels, saam bid, saam eet, saam werk en ook saam huil. Elkeen is vir ons baie spesiaal, en ons mis jul baie! Mag elkeen van julle wat daarna soek, jul roeping wat God vir elkeen van julle het, vind. Ons bid saam met julle daarvoor.

 Eerste dag in Bulgarye, oppad na Gostilitsa


       

Ortodokse kerk in Dryonovo, naaste dorp aan Gostilitsa

 Dakteels wat vlieg...

 Die uitsig vanaf die boonste verdieping van die huis, is dit nie ongelooflik nie!

 Ons het 'n groter riolering-sisteem nodig...  

 Die werf, cum werksarea, cum kuierplek...

 Ruskansies was maar min...
 Gostilitsa(na bo) vanaf die hek voor die huis 

 Gostilitsa (na onder in een rigting) met ons gawe tannie Deschka en haar man Stefan


Vars geplukte kersies

Kom ons kyk solank bietjie wat ons vanaand by die Bulgaarse restaurant gaan bestel, woordeboeke is 'n moet!! Daar is dan niks in Engels!!


 Kuier saam met Eva se familie, woordeboek...???

 Ou Wouter, altyd 'n glimlag...

Restourasie


 Dohner in Gabrovo, dis 'n handvol... ek bedoel mondvol...

Gabrovo, met die son se strale wat teen die bome bo teen die heuwel skyn, net na 9 die aand voor son-onder


Christoph het aan die slaap geraak menige aande tydens ons groep-geselsies tot laat-aand



Laaste oomblikke van Gostilitsa...




Sterkte met al die 'back-to-normal' dinge tuis! Tot weer siens, terug in Suid-Afrika, heelwat later hierdie jaar...


Sokker saam met die kinderhuis kinders in Gostilitsa

So asof die manne nie hard genoeg gewerk het nie! Weet nie wie dit die meeste geniet het nie, die manne of die kinders!! Daar is ROF gespeel, en baie gesweet en gelag!





Liefde is universeel, en iets wat elkeen in die wereld nodig het... of dit in Suid-Afrika of Bulgarye is, dis oral dieselfde!






Friday, June 1, 2012

'n Badkamer in wording


Ons het in die geloof volstoom aan Eva se badkamer begin werk met die idee om dit teen Vrydag klaar te he sodat sy dit nog kan sien terwyl die hele span hier is. (Vir haar het ons net gesê dat ons gaan probeer om die pyp werk klaar te maak.) Toe Rita egter gister met haar probeer reel om Vrydag middag laat 'n draai te kom maak (sy bly in Gabravo sowat 20 km van Gostilitsa af) laat sy weet dat die enigste tyd wat sy die "Dirty Dosen" (naam wat sy vir die 12 van ons gegee het) kan kom groet is, Donderdagaand 17:00.

Ons het besluit om die uitdaging aan te durf om te kyk of ons betyds sal kan klaar maak. Daar is tot 04:00 die oggend geteel terwyl die volgende skof 06:45 aan diens gekom het. Hoewel nie 100% funksioneel nie was alles in plek teen die tyd wat sy saam met haar man en ma opgedaag het. Dit was alles die moeite werd. Blood net hulle reaksie toe hulle besef wat ons vermag het, het dit reeds die moeite werd, gemaak. Eva het na haar asem gesnak en het onwillekeurig haar hand uitsteek om seker te maak dat sy balans hou.Haar ma het vir Yvonne beduie dat haar bene bewe en haar man se oe was waterig.

Die kersie op die koek was egter toe Eva 'n rukkie later vir Rita se: "my mother says this can only be God" ek kon my ore nie glo nie. Dit was defnitief 'n beskikking dat Eva se ma die middag saam gekom het, want toe Rita haar vra om dit vir Jean-Pierre te herhaal  het sy verder uitgebrei: "My mother understand these things and she says that God send you to us." Wat 'n wonderlike voorreg as God mens kan gebruik om homself aan ander te openbaar.

Wat die finansies aan betref het God ook voorsien. Ons kon op die groep se begroting R5000 spaar aan uitgawes wat ons toe vir die badkamer kon aan wend en verder het ons R4000 elektronies ontvang. Baie dankie vir die wat op die manier in God se koninkryk belê het en ons ook in die proses "gebless" het.

Een van die bure wat nog nooit van te vore in Eva se huis was nie het ook kom kyk en 'n mens kan maar net wonder watter storie deur die dorpie gaan versprei . . . Mag dit alleen tot God se eer wees!

Die vloer word gegooi
 Die muurtjie tussen die stort en die wasbak word geprakseer

 Jean-Pierre doen die teelwerk met 'n handige 'handiman' wat die teelgom uitkrap



 Almal aan die werk! Yvonne ontdek 'n nuwe stokperdjie! Ons rue is net so bietjie styf vanoggend:-)




Jordan tel nie meer hoeveel keer hy 'grout' moes meng nie!

 Alles staan gereed om ge-installeer te word
Die tyd hardloop uit en ons vul letterlik die badkamer in wording met werkbare lywe!

 Die stortvloer. Rita het vir Eva die afkorting van die "Dirty Dozen 2012" in sirilies gemosaiek.



 Eva arriveer en sien die pype en wonder...
 Die verrassing is oorweldigend...
 Dankie Here dat ons almal deel kon hê in U plan om hierdie familie te seën! Ons glo en vertrou dat U die saad sal water gee en laat groei! Ons dien 'n lewende almagtige Here!