Pages

Friday, October 4, 2013

Bibberend koud...

Nee kyk, hierdie Bosveld-maatjies is nie gewoond aan 8 of 6 grade maksimum deur die dag nie, hoor!!! Toe die temperatuur nie hoër as 8˚C styg Woensdag nie, besluit ons om ons vriendin Iva se raad te volg ...

Ons viertjies is toe Gabrovo (naaste groot dorp met winkels) toe ....



Die pad na Gabrovo is so ongelooflik mooi! God se verfkwas is moeilik om te dupliseer, selfs met 'n kamera..



Die dorp self is weer vir ons net so pragtig! Ten spyte van die koue moet almal maar voortgaan met hul dagtaak! Dit is immers maar nog net herfs, winter moet nog kom!!





Oppad terug met ons vonds.... mmmm ....


Die manne het dadelik aan die werk gepring ...


En vir die wat nog nie kon raai ... Jip, ons het nog 'n stofie (petschka) gaan koop vir die slaapkamergedeelte van die huis! Wat 'n reuse verskil maak dit nie!!!
Al is die huis byna 90 jaar oud, is daar in elke vertrek in die huis 'n opening wat na die verskeie skoorstene lei. Hierdie manier van verhitting word gebruik bo die gebruik van elektriese verwarmers.


Dankie Pappa Vader, vir die voorreg wat ons het om 'n warm huis te kan hê. Om die verskil te kon beleef, laat mens besef hoe bevoorreg jy is.
Geen wonder dit is so groot prioriteit vir Jack en Elsabe om seker te maak die kinderhuis waarna hul omsien in Razdavitsa het genoeg hout om die kinders die hele winter lekker warm te hou nie!

Wednesday, October 2, 2013

En die koue kom ...

Reën en koue ... Die temperature daal sommer vinnig en die weervoorspelling maak voorsiening vir minimum temperature van -2˚C later die week!


Ons is so dankbaar vir die stofie (peschka) wat die onderkant van die huis lekker warm maak! 




Ek, Christoph en Jordan het die koue weer trotseer en lekker gaan stap en fietsry, toe die reën ons 'n kansie gee. Ons ore was omtrent gevries!


Ons kan God net loof en prys vir die mooi om ons heen!





Tuesday, October 1, 2013

Village Life ...


Mooie Gostilitsa ...


 Somer is verby en die herfskleure is pragtig!



'n Tipiese middagete in Bulgarye! Ons eet regtig heerlik! Tamaties uit eie tuin! 


Ons kuier sooo lekker saam met ou vriende! Iva, Krassi en sy ma, Ratchi.



Iva het sedert ons laaste besoek haar stukkie land langs die village teruggeeis en het okkerneutbome aangeplant! Sy is vreeslik opgewonde hieroor! Lekker om dit met haar te kan deel!


Hier staan ons op haar land met die village in die agtergrond.


Sondag het ons haar help kwepers pluk, en het 'n hele boks vol persent gekry asook die resep om konfyt te kook! Dis hoe dit hier in Bulgarye werk! Niks gaan tot niet! Ons almal het ingespring en helfte van die kwepers bewerk en konfyt gekook! Ons oumas sou trots gewees het op ons klomp!


Christoph en Jordan ontwerp en bou allerhande instrumente. Christoph geniet dit natuurlik geweldig baie!


Abbu, die kat, is natuurlik ook terug en geniet die ekstra aandag!





Saturday, September 28, 2013

Saterdag - tyd vir buite werk

 Vanoggend was lekker koel! Hierdie Bosvelders is maar bang vir die koue wat kom!
Christoph en Jordan maak die 'Petchka' skoon.

Ons eie houtkapper!


Van oerwoud ...
















Na tuin ...

Nadat Jordan in hierdie deel bietjie met die randsnyer ingespring het...


Hierdie brandnetels moet uit... weer ...


Na die somerreëns en ons vriende terug na Suid-Afrika so 3 maande terug, is als weer toegegroei!


Soveel groei in so kort tydjie... Sjoe!


Die paadjies moet ook skoon...


Instandhouding hou nooit op nie, nêrens nie!



En vanaand is ons genooi vir Rakkia en aandete by ons liewe vriende en bure, Iva en Krassi!

Nuwe talent vir Bafana Bafana!

Die Bulgaarse skole het laasweek begin en die kinderhuiskinders is terug in Gostilitsa! Ons het reeds 2 middae saam sokker gespeel en vanmiddag het die kinders soos 'n swerm bye op die sokkerveld toegesak etlike oomblikke nadat die Bafana Bafana spelers opgedaag het!


Die rede vir die kaal bo-lywe is om die verskillende spanne aan te dui. Dis die styl hier :-)


Intussen leer ek die kinders se name asook 'n bietjie taal! Dit gaan maar met baie pyn gepaard...!! Ek weet nie wie die meeste gefrustreerd is nie, die kinders of ek! Hul kan nie glo dat iemand so met die taal kan sukkel nie. Toe ek vandag hul name onthou was daar darem groot glimlagte op hul gesigte!


Die Roma mense se hoof vervoermiddel is perdekarre soos hierdie! Die geluid van perdehoewe in die pad is 'n baie welkome een vir ons stadsjapies wat nie baie perde sien nie! Die kinderhuis skool is in die agtergrond. Daar is tans 55 kinders vanaf Gr 1 - Gr 8.


Ons stap terug huis toe na die sokkerspelery. Die son gaan so half 8 eers onder. Die weer is sover baie lekker! Was so 28 grade vandag. Ons verwag egter koeler weer binnekort.


Thursday, September 26, 2013

Terug in Gostilitsa!

Terug in Gostilitsa! Bekend, dog vreemd, tog amper weer huis...

Die trap na die huis se voordeur, enigste deur... Welkom!



 Mens kan nie glo hoe die bosse teruggroei nie! Christoph werk fluks om onder die wasgoedlyn skoon te skoffel!


Verrassinkie in die plafon tussen die 2 verdiepings, veroorsaak dat Kobus en Jordan die boonste stort moet 'uithaal'


'n Dors rot of 2 veroorsaak baie moeite...


Oop vensters beteken die mense "ot Jussne Afrika" is terug!


Ons Bulgaarse vriende ontvang ons met soveel liefde!! Al die drukkies en glimlagte maak dit so spesiaal om terug te wees!! Etes word voorberei en aangedra asook vars groente uit hul tuine! Wat 'n 'blessing'!

Wednesday, September 25, 2013

'n Baie spesiale Sondag...

In Kuystendil is daar 'n paar klein Evangeliese en/of 'Pentecostal' gemeentetjies en ons het die voorreg gehad om 2 verskillendes by te woon verlede Sondag! 

Die oggenddiens was saam met Bulgaarse vriende wat Jack en Elsabe ken sedert hul aankoms hier in Bulgarye. Ons het in die pastor se huis ook tuisgegaan vir die tydperk hier in Kuystendil. Dis ongelooflik wanneer 20 of so gelowiges uit volle bors saamsing terwyl Pavel, die pastor, klavier speel ...

Die middagkerkdiens by 'n jonger gemeentetjie was weer iets heeltemal anders! Die pastor daar is 'n oud-kinderhuiskind wat Jack en Elsabe ook al baie lank ken. Wow! Wat 'n belewenis! Daar is soveel vuur en vreugde in die paar jongmensies se harte!! Yuli speel self die kitaar hier. Sy liefde vir musiek het hom na die Here toe gelei, een aand lank gelede...

Sy boodskap: Hy as weeskind het 'n Vader in die hemel! En daaroor moet hy sing!

'n Smakie van hoe die lofprysing geklink het.