Pages

Saturday, March 30, 2013

Lekker speel

Ons speel te lekker!



Trekker en sleepwa ry ... Almal is op!


Wie sê 'n trekker is net daar vir werk....!!!


Boeresport soos ons dit kan onthou uit vervloë se dae... Te oordeel aan hierdie foto is dit nie moeilik om te sien wie dit die meeste geniet het nie:-)! Die kinders het hul aan ons 'grootmense' vergaap!



 Kom ons kyk wie se span kan die meeste water oor die pale dra in 'n emmertjie

Kom ons help die kleintjies so bietjie ....


Eiergooi ... Eish, so rou eier smaak nie te lekker nie ... 


Ons versier ons bokse waarin al ons kunswerkies en grassade en veldblommetjies saam met ons huis toe gaan. Dit was sooo lekker dat van die klein dogtertjies lae en lae oor en oor op hul bokse geverf het. Selfs van hul mooi prente is oorgeverf!







  Verskeie helpers het hierdie agt-jarige dogtertjie leer fietsry! Sy het oor en oor vir ons kom vertel: "Tannie, ek KAN fietsry!" - met die breedste glimlaggie op haar gesiggie! Dankie weer eens vir al die fiets-donateurs!



Of die bakkie ry of stilstaan was hy een van die kinders se hoogtepunte vir die week!


Ons besoek die 'Marakele Predator Centre' net buite Thabazimbi en die kinders (sowel as  ons) kon nie glo hoe reusagtig hierdie koning van die oerwoud is nie!




Die groter kinders kon die leeuwelpie vryf. Hulle was maar skrikkerig, want sy tandjies is maar baie skerp en hy was glo daardie dag nie in 'n baie spelerige bui nie ... Dit was nog steeds 'n reuse ervaring! Dankie vir die persoon wat hierdie uitstappie geborg het! Dit was voorwaar 'n hoogtepunt vir hulle!


 Ons almal is weer die aand dorp toe om na 'n moderne Passiespele by die plaaslike gemeente te gaan kyk. Die kinders het tjoepstil en met groot oë na die vertoning gekyk en tot almal in die gehoor (en op die verhoog) se vermaak het die vierjarige outjie op my skoot uitgeskreeu "Daar is hy!", nadat die hoofkarakter die verhoog verlaat het en gaan wegkruip het in die kamertjie langsaan. Sy sê toe vir my: "Maar hulle soek mos daai man! Daar is hy!"
Dit wys mens net hoe vasgenaal hul na die opvoering gekyk het! Ons glo dat die verhaal wat uitgespeel is, 'n inpak op die groter kinders veral gehad het, aangesien dit ietsie van hul lewens buite die kinderhuis vertolk het. Dankie Pappa Vader, ook vir hierdie bederf wat ons saam met die kinders kon geniet het.



Ons het die lekkerste beskuit persent gekry by 'n vriend in die kerk en elke oggend is daar beskuit en koffie geniet! Totdat almal behoorlik wakker is! (Dit geld natuurlik nie vir die kleuters nie!!! Hulle is meestal BAIE wakker!)


Menige middae is daar hoopvol gekyk na die donker wolke oor die berge, net om steeds in geloof op die reën te bly wag ...


En daar is die agt dae ook verby ... Ons harte is seer...

Ons grootste gewaarwording op hierdie stadium... Net ons Hemelse Vader kan daardie stukkende harte kom genees en nuut maak ... Ons kan liefde en drukkies gee, en gelukkig baie vir hul intreë by ons Hemelse Vader. 
Dankie vir elkeen wat kom saamspeel het, kom saam-kosmaak het, finansieel bygedra het, maar veral ook saamgebid het vir hierdie spesiale kinders. Moet asseblief nie ophou nie!


Sunday, March 24, 2013

Kinderkamp - Maart 2013 Breek Aan

Na weke se beplanning het die kinderkamp eindelik aangebreek. Met die aanloop na die kamp het ons op verskillende maniere God se seën ervaar. Ons het onder andere meer vrywillige helpers as nog ooit vantevore. Hulle hande staan vir niks verkeerd nie, en aan entoesiasme is daar ook geen te kort nie.


Ons het nooit gedink ons gaan kampeerders op die plaas hê nie, maar met al die kamers vol kinders bied dit 'n goeie alternatief en gelukkig is daar 'n paar gesoute kampeeerder onder ons.

Die poppekas wat ons sou leen was ter elfder ure nie meer "beskikbaar" nie, maar dit het ons nie van stryk gebring nie en binne 'n paar ure is daar een aanmekaar geslaan.



Liedjies is inge-oefen, want dit moet mos saam met bewegings gaan . . .


Dan moes ons natuurlik ook die poppekas vir 'n toetsrit vat.


Die fietse is voorwaar 'n treffer en ons wonder soms hoe ons vantevore daarsonder klaargekom het. Baie dankie aan almal wat gehelp het om dit moontlik te maak!



Dan is daar ook lekker in die rivier baljaar. Wat 'n welkome lafenis in die hitte!




Daar is ook iets moois vir die dogtertjies in die rivier!


Die mosaiek was ook 'n treffer.

Soos ons gehoop het, hou die poppe hierdie spesiale kinders se aandag baie goed as dit by Bybel storie tyd kom.


En na 'n lang dag, is daar natuurlik baie honger magies.


Monday, November 5, 2012

I Found the Answer . . .

OK, let me rephrase: "I believe that I found one of the answers". One question that I have been grappling with over at least the past 18 months is why my experience of God's involvement in our lives has changed so dramatically since round about August 2010?

What was the key to a tipping point that suddenly resulted in so many impossibilities to become possible. If for example you had told me during March of this year that our family will be leaving in May to live in Bulgaria for 3 months, I would have said that it is impossible, but that was made possible in a very short space of time. Now we are in the process of relocating to the farm, something I never dreamed of being possible (at least not before I've reached retirement age), but it is busy happening.

I'm not going to try to list the countless other instance where God just came through in a BIG way, but I rather want to focus on the why? It is not something I haven't heard before watching this video  clip, but it had a lot to do with the penny finally dropping for me.

Did you catch the phrase: " . . . being in the center of God's will for our lives . . .", If not, please watch it again.

You see that even though I have been a fairly "committed" and "active" Christian during my entire adult life I was never discipled to put my life in the center of God's will. My approach was rather to try and put God in the center of my will.What do a I mean by that?  Well, we would make our own plans (all very good and noble) and then ask God to bless them. Off course this is very much in line with lots of teachings telling us that God wants the best for his children, he wants to bless us and make us prosperous, etc, etc

I believe that is what started to change in August 2010. We started to be more sensitive to what God's plans were for our lives and then only by lots of grace we had the courage to take the first little baby steps to play our roll in His plan . . . and then the impossible started to become possible.

I so want to encourage you to go on this journey with God.  It is an experience unparallelled to anything this world can offer! To Him be all the glory!

 Here is the a bit more about the Vant Hul family's story (really worth while to watch)!

Thursday, October 11, 2012

Life is in the question

It is hard to believe that we have already been back in South Africa for more than 2 months. I guess life back "home" does move a bit faster than in the small town of Gostilitsa. Consequently we have not found the time to blog (I know it is a bad excuse, but we are hoping to catch up a bit). That does however not mean the journey has stopped. Life in "the real world" has however been quite distracting . . .

Meeting up with friends, colleges and family the most frequently asked questions are probably: "When do you plan to go back?" and  "Do you now have more clarity on your future?" I guess that even though we probably did find some answers, we actually came back wit a lot more questions . . .

I guess that would always be a consequence when you have the opportunity to be exposed to people with a different world view AND really try to understand their world view without being prejudice or biased.

I good friend of mine always says that: "life is in the question" and having had this experience I am starting to understand the meaning of this. Life is not about the destination, it is about the journey. The question is the fuel that propels you on the journey to get to the answer. The answer is arriving at your next stop were you spend some time to appreciate the awesome scenery and take some pictures to later share with your friends and family. A picture can however only capture so much and they will never really know what it is like if they do not go on the journey themselves.

Sometimes you need to cover some ruff territory to get to the next stop. Punctures and  broken axles force you to be dependent on God and lean on encouragement from your fellow journey men  along the way. But despite that, every single time it is worth while because journeying with God makes every destination a mind blowing exhilarating experience. In that you truly find live:

Mat 16:24-25 (ESV)  Then Jesus told his disciples, "If anyone would come after me, let him deny himself and take up his cross and follow me. For whoever would save his life will lose it, but whoever loses his life for my sake will find it.



Sunday, August 5, 2012

Die kinders neem afskeid

Die laaste dag voor die kamp het aangebreek, en die program pas aan daarby...
Hieronder word daar geleentheid gegee vir van die kinders om te kom vertel wat hul die meeste geniet het op die kamp. Links is Ina, een van die Bulgaarse tolke.


Die wenspan vir die week word aangekondig!


 Vrydagoggend... die oomblik van afskeid neem het aangebreek...
Die kinders ontvang elk 'n geskenkpakkie vanaf die spanlede, dit help 'n bietjie om die hartseer weg te neem, vir die kleintjies in elk geval...



'n Week van liefde gee, liefde ontvang, kom tot 'n einde, en vir menige is dit weer terugkeer na die 'gewone / normale' gang van sake...



 Christoph en klein Stefcho... Ai, hy is sooo dierbaar en 'cute'!


Iets ongewoons, in party se pakkies was sjokolade, en meeste van die outjies het die sjokolade begin eet en met ons kom deel... asook van hul sagte speelgoed vir die vrywilligers uitgedeel... gee mens nogal 'n nuwe perspeksie op 'mededeelsaamheid'

Die afskeid is ook vergemaklik deurdat ons en hulle geweet het dat ons hul Saterdagoggend in hul tuis-village, die Mahala, sigeuners woonbuurt, sou besoek. Die kinders het ons ingewag by die skool en hul opgewondeheid om die bus te sien waarin ons was, was iets hemels om te aanskou! By my staan 11-jarige Atanaska, wat baie diep in my hart ingekruip het...




Die kinders was baie opgewonde om hul huisies vir ons te gaan wys... Guilka is een van 7 kinders en haar mamma langs haar is maar 27. Meisies in die Roma kultuur 'trou' op die ouderdom van 13 tot 16.


Interaksie met die kinders is meestal fisies, aangesien die taal ons maar baie pootjie!