Pages

Sunday, September 25, 2011

'n Baie voorspoedige reis sover insluitend die vliegtuig kos -of is dit 'n geval van honger is die beste kok. Toe ons 22:15 uiteindelik kos kry was Christoph se eerste reaksie: "Hierdie is die lekkerste hoender wat ek nog ooit geëet het. Dit proe net 'n bietjie soos vis . . ."


Ons eerste Bulgaarse Pitstop. Het gou agter gekom. "Do you speak English" maak nie veel indruk nie. Inteendeel, dit sorg vir 'n onvriendelike frons op ons kelnerin se gesig. Het intussen uitgevind wat koffie en toilet in 'Bulgarski' is!

Aanwysings na die "Village" waar ons die eerste week bly ("Slaveykovo") was nogal omslagtig,wat mens seker sal verwag as daar nie iets soos 'n adres of straatname in die "Village" bestaan nie . .


Een van die aanwysings het ons tot op die dorpsplein gebring waar ons by die Gypsies probeer uitvind het of ons is waar ons dink ons is . . . Kobus het 'n vraag deur 'n oop kar venster gevra waarop die meisie geantwoord het met iets wat presies geklink het soos "klim uit die kar uit". Ons kon ons ore nie glo nie. Het toe maar ewe gedwee uitgeklim en 'n paar fotos geneem.

Hierdie aanwysings was nie van veel nut nie . . .

Was baie bly om die trekker (een van die landmerke op die aanwysings!) te vind. Toe weet ons ons is naby.

Ons baie vriendelike buur-tannie.


Tamaties vars uit haar tuin. Sy het dit sommer op die muurtjie tussen ons gepak en gewink dat ons dit moet kom haal! Dit was 'n besonderse ervaring...


Ons verken die "Village" - 'n baie interessante ervaring waar heelwat nuuskierige inwoners sien dat ons besoekers is en net wil kuier... dis lekker...

No comments:

Post a Comment