Pages

Friday, October 11, 2013

Prentjiemooie Plovdiv!

 Wat 'n plek! Antiek, baie baie antiek en asemrowend mooi! Om nie eers van die atmosfeer te praat nie! Uniek, lewendig, interessant, anders as enige ander dorp of stad wat ons al in Bulgarye ervaar het. Gaan lees gerus meer oor hierdie ongelooflike plek, een van Europa se oudstes. http://www.plovdivguide.com/_m1701/History-of-Plovdiv



Geniet al die foto's - mens kan nie anders as om hierdie ervaring te probeer deel nie... En na die erge koue het ons weer heerlike weer!


Baie mense! Baie mammas met stootwaentjies, baie studente, sekerlik baie toeriste ook...! En die einde van die seisoen is hier! Ek wonder hoe 'n gedruis van mense moet dit wees in die piekseisoen, lente en somer!



'n Model (bo) van die arena uit die Romeinse tydperk wat hulle relatief onlangs eers ontdek het. Ongelukkig is die grootste dele daarvan onder bestaande geboue. Ongelooflik!


Hierdie is nog meer ongelooflik! Hulle het in die omgewing van 1970 'n tonnel onderdeur die stad geskiet en toe eers op hierdie eeue-oue amfiteater afgekom! Hul gebruik dit tans vir opvoerings en is steeds besig met verdere opgrawings. 





Ongelooflik om te dink dat hierdie marmerpilare en standbeelde so verskriklik oud is!! 





Rotse word met kettings vasgehou om te keer om af te val!

Ons loop deur die strate van die 'Old Town' en verwonder ons aan die mooi geboue, bome en straatjies!





Ontbyt! Die vriendelikste koffiewinkel eienares stap saam met ons na 'n tradisionele bakkery om egte Bulgaarse ontbyt (Banitsa), vars uit die oond te koop en dit saam met koffie weer terug in haar koffiewinkel te drink! Wow! Wat 'n ervaring! 


Middagete - 'Doner' en pizza vanuit 'n straatkafeetjie. Die plakkaat links dui 'n promosie aan.


Prentjiemooi!!





Wednesday, October 9, 2013

Saterdag is markdag ...

Die son is terug en lekker weer sorg vir 'n besoek aan die Dryanovo mark, ons naaste dorp, so 12 km ver.

Sal die man nou verstaan hoeveel perskes ons soek?!!


Die groente is ongelooflik vars en volop! Die mark het gewemel van mense wat na die koue uit hul huise stroom!


Daar is selfs lewendige varke en hoenders!


Net buite Dryanovo is die mooie en oue Dryanovo Monastry. Ons eerste besoek aan hierdie pragtige plek.



Omring deur kranse




Heerlike middagete voor ons weer aan die huis en tuin gaan werskaf!


Friday, October 4, 2013

Bibberend koud...

Nee kyk, hierdie Bosveld-maatjies is nie gewoond aan 8 of 6 grade maksimum deur die dag nie, hoor!!! Toe die temperatuur nie hoër as 8˚C styg Woensdag nie, besluit ons om ons vriendin Iva se raad te volg ...

Ons viertjies is toe Gabrovo (naaste groot dorp met winkels) toe ....



Die pad na Gabrovo is so ongelooflik mooi! God se verfkwas is moeilik om te dupliseer, selfs met 'n kamera..



Die dorp self is weer vir ons net so pragtig! Ten spyte van die koue moet almal maar voortgaan met hul dagtaak! Dit is immers maar nog net herfs, winter moet nog kom!!





Oppad terug met ons vonds.... mmmm ....


Die manne het dadelik aan die werk gepring ...


En vir die wat nog nie kon raai ... Jip, ons het nog 'n stofie (petschka) gaan koop vir die slaapkamergedeelte van die huis! Wat 'n reuse verskil maak dit nie!!!
Al is die huis byna 90 jaar oud, is daar in elke vertrek in die huis 'n opening wat na die verskeie skoorstene lei. Hierdie manier van verhitting word gebruik bo die gebruik van elektriese verwarmers.


Dankie Pappa Vader, vir die voorreg wat ons het om 'n warm huis te kan hê. Om die verskil te kon beleef, laat mens besef hoe bevoorreg jy is.
Geen wonder dit is so groot prioriteit vir Jack en Elsabe om seker te maak die kinderhuis waarna hul omsien in Razdavitsa het genoeg hout om die kinders die hele winter lekker warm te hou nie!

Wednesday, October 2, 2013

En die koue kom ...

Reën en koue ... Die temperature daal sommer vinnig en die weervoorspelling maak voorsiening vir minimum temperature van -2˚C later die week!


Ons is so dankbaar vir die stofie (peschka) wat die onderkant van die huis lekker warm maak! 




Ek, Christoph en Jordan het die koue weer trotseer en lekker gaan stap en fietsry, toe die reën ons 'n kansie gee. Ons ore was omtrent gevries!


Ons kan God net loof en prys vir die mooi om ons heen!





Tuesday, October 1, 2013

Village Life ...


Mooie Gostilitsa ...


 Somer is verby en die herfskleure is pragtig!



'n Tipiese middagete in Bulgarye! Ons eet regtig heerlik! Tamaties uit eie tuin! 


Ons kuier sooo lekker saam met ou vriende! Iva, Krassi en sy ma, Ratchi.



Iva het sedert ons laaste besoek haar stukkie land langs die village teruggeeis en het okkerneutbome aangeplant! Sy is vreeslik opgewonde hieroor! Lekker om dit met haar te kan deel!


Hier staan ons op haar land met die village in die agtergrond.


Sondag het ons haar help kwepers pluk, en het 'n hele boks vol persent gekry asook die resep om konfyt te kook! Dis hoe dit hier in Bulgarye werk! Niks gaan tot niet! Ons almal het ingespring en helfte van die kwepers bewerk en konfyt gekook! Ons oumas sou trots gewees het op ons klomp!


Christoph en Jordan ontwerp en bou allerhande instrumente. Christoph geniet dit natuurlik geweldig baie!


Abbu, die kat, is natuurlik ook terug en geniet die ekstra aandag!