Pages

Friday, October 4, 2013

Bibberend koud...

Nee kyk, hierdie Bosveld-maatjies is nie gewoond aan 8 of 6 grade maksimum deur die dag nie, hoor!!! Toe die temperatuur nie hoër as 8˚C styg Woensdag nie, besluit ons om ons vriendin Iva se raad te volg ...

Ons viertjies is toe Gabrovo (naaste groot dorp met winkels) toe ....



Die pad na Gabrovo is so ongelooflik mooi! God se verfkwas is moeilik om te dupliseer, selfs met 'n kamera..



Die dorp self is weer vir ons net so pragtig! Ten spyte van die koue moet almal maar voortgaan met hul dagtaak! Dit is immers maar nog net herfs, winter moet nog kom!!





Oppad terug met ons vonds.... mmmm ....


Die manne het dadelik aan die werk gepring ...


En vir die wat nog nie kon raai ... Jip, ons het nog 'n stofie (petschka) gaan koop vir die slaapkamergedeelte van die huis! Wat 'n reuse verskil maak dit nie!!!
Al is die huis byna 90 jaar oud, is daar in elke vertrek in die huis 'n opening wat na die verskeie skoorstene lei. Hierdie manier van verhitting word gebruik bo die gebruik van elektriese verwarmers.


Dankie Pappa Vader, vir die voorreg wat ons het om 'n warm huis te kan hê. Om die verskil te kon beleef, laat mens besef hoe bevoorreg jy is.
Geen wonder dit is so groot prioriteit vir Jack en Elsabe om seker te maak die kinderhuis waarna hul omsien in Razdavitsa het genoeg hout om die kinders die hele winter lekker warm te hou nie!

1 comment: