Pages

Saturday, May 26, 2012

Die werk begin


Nuwe ervaringe, treinry vanaf die grens tussen Turkye en Istanbul. Nie noodwendig een wat mens elke week sal uitprobeer nie, maar so die moeite werd! Na die 2 ½ uur wag op die stasie by die grens (waarna ons eers per bus vervoer is vir 3 ure, vanaf 22:00 – 01:00), was dit nogal ‘n vreemde gevoel om op ‘n bed in die lug, die middelste ry van 3 stelle beddens bo-op mekaar in die trein te probeer slaap! Om half 4 die oggend het die trein die stasie verlaat en dit het ‘n hele rukkie geneem om te besef dat ek nie van die bed gaan afval nie! Net om deur ‘n Bulgaarse dame in uniform gevra te word vir my ‘pasport!’. Sy verdwyn in die gangetjie af met ons paspoorte en ons weet nie wat nou gaan gebeur nie! Na wat soos ‘n halfuur gevoel het, het ek weer ons paspoorte terug, en kon ek begin insluimer, al wiegende.. Teen 9 uur die oggend het my opgewonde seuna my kom wakker maak en aangekondig dat ons nou amper daar is! Nog 2 ure van afwagting gaan verby terwyl ons die mooi rondom ons indrink en opgewonde lag en gesels. Bulgarye is mooi... baie mooi....

 Midnight snack by die grenspos...

En hier is ons...! Wat 'n emosionele ervaring... om terug te wees ... een wat nie in woorde uitgedruk kan word nie ... Wat 'n voorreg!
  
Elkeen het 'n werkie! Of twee! Of drie!!
 Hout moet gesaag en gekap word vir die volgende winter

 Die kelder moet 'leeg' gemaak word voor die groot 'septiese tenk' daar ingesit kan word. Bottels en bottels en en nog vrot bottels van wie weet hoeveel jare terug se ingelegte tamatie-sheba-sous en wat ookal, moet weggegooi word! En weggooi is nie so eenvoudig soos dit klink nie... Tswane vullisverwyderings trokkies ry nie hier om nie.... Dis nogal 'n uitdaging om van die 'afval' ontslae te raak. Of gaan ons maar kyk of ons die 'landscaping'-ding kan doen...

 Die stukkende bottels moet fyner gestamp word.



 Christoph plant kruie

 Vensterrame word afgeskuur en geverf

 
 Christoph het al hierdie hout self mooi reggepak en selfs baie van dit self met die byl gekap!


 Ons skuur ons buurvrou, die burgermeester, Maria, se vensterrame af, om ook later te verf. 'n Lekker werkie vir vrouens!


Dit reen, maar die werk moet aangaan! Sement word gemeng om Eva se badkamer vloer te gooi! Wat 'n spanpoging!!! Wow!!!!

 'n Boer maak 'n plan! Emmers vol 'dagga' word opgehys.

 Die vloer in wording!

 Ons eet almal saam in Eva se kombuis. Bulgaarse frikkadelle en sop en brood. Sy kan Engels praat en ons kuier en lag te lekker! Ons luister graag na al die tradisies uit haar verlede.
 Hmmm, ons eet lekker kaasbroodjies en tamatiesop, gemaak in die nuwe kombuis wat Jean-Pierre en Jordan geinstalleer het! Yvonne lyk te mooi in blou vandag! Ons het die mark in Dryanovo besoek en kon bietjie 'mooi' aantrek!



No comments:

Post a Comment