Pages

Thursday, August 2, 2012

Kamp aktiwiteite

 Die aktiwiteite vir elke dag word opgedeel in 'n oggend, middag en aandprogram.
Die oggendprogram begin met 'n poppekasvertoning waartydens belangrike reels en inligting oorgedra word aan die kinders. Dit is die beste manier om 51 woelende, opgewonde kinders te laat luister. Ons sing dan ook almal saam voor ons in ons oggendgroepe verdeel. Die kinders is in 3 groepe ingedeel volgens ouderdom vir hierdie aktiwiteit.  Hier vertel en illustreer ons Bybelstories, memoriseer Bybeltekse, sing nog liedjies en ander speletjies wat min of meer by die teks aansluit.

Christoph en sy groep (vir die 10-jariges) behandel hier Jesus se eerste wonderwerk waar water in wyn verander is. Christoph is die kelner...



Die oudste groep (ouderdomme 11 - 13) doen 'n praktiese illustrasie van hoe dit is om iemand blindelings te vertrou. Ons moet God so vertrou.


Die kinders se reaksie op die 'blinde man' bo ...




Ek is deel van die jongste groep (kinders tussen 6 en 9). Ons het hier die verhaal van Dawid en Goliat behandel en die kinders het geleentheid gekry om Goliat met waterbalonne te gooi! Dit was baie pret!






Bo en regs: Ons sing "Any dream will do" saam met die storie van Josef. Ek dink liedjies is 'n groot gunsteling by kinders van alle kulture!


Dis so spesiaal om die kinders in hul taal te hoor bid...
 Speletjies om Bybelverse te leer en meer pret te maak sluit onder andere legkaartbou in.

Na middagete gaan hul na hul kamers en moet rus (volgens regulasies van die staat), maar ons kla nie, want ons kry dan ook gou 'n breek om wasgoedjies uit te spoel, bietjie te rus of te blog, ens ens ens... Die middagprogram met 'snacks', waar hul eetgoedjies kry in die eetsaal. Dan het ons elke middag 'n ander kuns aktiwiteit vir 'n uur. Die kinders geniet dit geweldig! Hier maak hul juwele.


En is baie trots daarop...!!!


Jack het hier op die kamp 70 geword! Die kinders maak vir hom 'n groot verjaardag kaart tydens kuns een middag.

Na kuns is daar georganiseerde sport asook vryspel tot aandete. Dis net lekker om die kinders te jaag en te vang, te druk en liefde te gee!


As deel van die aandprogram het ons die dogtertjies gepamperlang, hulle het dit natuurlik vreeslik geniet! 




 Die kinders neem graag jou kamera om 'n foto van jou te neem... Hier staan Kobus voor die gebou met die ongelooflike uitsig agter!


No comments:

Post a Comment