Pages

Monday, July 30, 2012

Die kinders het gearriveer!

Almal in afwagting op die kinders se koms! Waar is die bus??

(Links is Vicky van Ierland en regs is Nicole van Skotland, met Tom van Engeland agter)

En daar kom hy!!!

Van links na regs: (Ina van Bulgarye, Vicky, Nicole, Catherine van Skotland, Anne van Duitsland, Tom, Clemont en Hilsonde van Frankryk, Damian van Switserland)


Die herontmoeting! Meeste van die vrywilligers was al vantevore op die kamp so wel as baie van die kinders.


Die kinders ontvang pakkies met sjampoe, seep, tandepaste, tandeborsel en nog ander bederfies.

Die ouderdomme van die kinders op die kamp wissel van 6 tot 13. In totaal is hul 51. Baie baie woelig en opgewonde oor al die lekker dinge wat vir hul wag!



Liefde en aandag - en baie daarvan....
Na omtrent 10 kere se in die lug gooiery, vra sy... 'Nog een laaste keer?' Altans dis wat ons kan uitmaak uit die bietjie Bulgaars en baie gebare taal!

 Hul geniet die fisiese kontak so....

Lekker saamsing! Die kinders ken die liedjies en sing (nee skree!) uit volle bors! Dis amazing!!!

2 comments:

  1. looks real good, wish we could have experienced it with you... blessings

    ReplyDelete
  2. Ag julle! Dis te wonderlik om te sien! Mens kan sommer sien hoe julle liefde vir die kinders oorloop tot in hulle harte.

    ReplyDelete