Pages

Sunday, March 24, 2013

Kinderkamp - Maart 2013 Breek Aan

Na weke se beplanning het die kinderkamp eindelik aangebreek. Met die aanloop na die kamp het ons op verskillende maniere God se seën ervaar. Ons het onder andere meer vrywillige helpers as nog ooit vantevore. Hulle hande staan vir niks verkeerd nie, en aan entoesiasme is daar ook geen te kort nie.


Ons het nooit gedink ons gaan kampeerders op die plaas hê nie, maar met al die kamers vol kinders bied dit 'n goeie alternatief en gelukkig is daar 'n paar gesoute kampeeerder onder ons.

Die poppekas wat ons sou leen was ter elfder ure nie meer "beskikbaar" nie, maar dit het ons nie van stryk gebring nie en binne 'n paar ure is daar een aanmekaar geslaan.



Liedjies is inge-oefen, want dit moet mos saam met bewegings gaan . . .


Dan moes ons natuurlik ook die poppekas vir 'n toetsrit vat.


Die fietse is voorwaar 'n treffer en ons wonder soms hoe ons vantevore daarsonder klaargekom het. Baie dankie aan almal wat gehelp het om dit moontlik te maak!



Dan is daar ook lekker in die rivier baljaar. Wat 'n welkome lafenis in die hitte!




Daar is ook iets moois vir die dogtertjies in die rivier!


Die mosaiek was ook 'n treffer.

Soos ons gehoop het, hou die poppe hierdie spesiale kinders se aandag baie goed as dit by Bybel storie tyd kom.


En na 'n lang dag, is daar natuurlik baie honger magies.


No comments:

Post a Comment