Pages

Saturday, March 30, 2013

Lekker speel

Ons speel te lekker!



Trekker en sleepwa ry ... Almal is op!


Wie sê 'n trekker is net daar vir werk....!!!


Boeresport soos ons dit kan onthou uit vervloë se dae... Te oordeel aan hierdie foto is dit nie moeilik om te sien wie dit die meeste geniet het nie:-)! Die kinders het hul aan ons 'grootmense' vergaap!



 Kom ons kyk wie se span kan die meeste water oor die pale dra in 'n emmertjie

Kom ons help die kleintjies so bietjie ....


Eiergooi ... Eish, so rou eier smaak nie te lekker nie ... 


Ons versier ons bokse waarin al ons kunswerkies en grassade en veldblommetjies saam met ons huis toe gaan. Dit was sooo lekker dat van die klein dogtertjies lae en lae oor en oor op hul bokse geverf het. Selfs van hul mooi prente is oorgeverf!







  Verskeie helpers het hierdie agt-jarige dogtertjie leer fietsry! Sy het oor en oor vir ons kom vertel: "Tannie, ek KAN fietsry!" - met die breedste glimlaggie op haar gesiggie! Dankie weer eens vir al die fiets-donateurs!



Of die bakkie ry of stilstaan was hy een van die kinders se hoogtepunte vir die week!


Ons besoek die 'Marakele Predator Centre' net buite Thabazimbi en die kinders (sowel as  ons) kon nie glo hoe reusagtig hierdie koning van die oerwoud is nie!




Die groter kinders kon die leeuwelpie vryf. Hulle was maar skrikkerig, want sy tandjies is maar baie skerp en hy was glo daardie dag nie in 'n baie spelerige bui nie ... Dit was nog steeds 'n reuse ervaring! Dankie vir die persoon wat hierdie uitstappie geborg het! Dit was voorwaar 'n hoogtepunt vir hulle!


 Ons almal is weer die aand dorp toe om na 'n moderne Passiespele by die plaaslike gemeente te gaan kyk. Die kinders het tjoepstil en met groot oë na die vertoning gekyk en tot almal in die gehoor (en op die verhoog) se vermaak het die vierjarige outjie op my skoot uitgeskreeu "Daar is hy!", nadat die hoofkarakter die verhoog verlaat het en gaan wegkruip het in die kamertjie langsaan. Sy sê toe vir my: "Maar hulle soek mos daai man! Daar is hy!"
Dit wys mens net hoe vasgenaal hul na die opvoering gekyk het! Ons glo dat die verhaal wat uitgespeel is, 'n inpak op die groter kinders veral gehad het, aangesien dit ietsie van hul lewens buite die kinderhuis vertolk het. Dankie Pappa Vader, ook vir hierdie bederf wat ons saam met die kinders kon geniet het.



Ons het die lekkerste beskuit persent gekry by 'n vriend in die kerk en elke oggend is daar beskuit en koffie geniet! Totdat almal behoorlik wakker is! (Dit geld natuurlik nie vir die kleuters nie!!! Hulle is meestal BAIE wakker!)


Menige middae is daar hoopvol gekyk na die donker wolke oor die berge, net om steeds in geloof op die reën te bly wag ...


En daar is die agt dae ook verby ... Ons harte is seer...

Ons grootste gewaarwording op hierdie stadium... Net ons Hemelse Vader kan daardie stukkende harte kom genees en nuut maak ... Ons kan liefde en drukkies gee, en gelukkig baie vir hul intreë by ons Hemelse Vader. 
Dankie vir elkeen wat kom saamspeel het, kom saam-kosmaak het, finansieel bygedra het, maar veral ook saamgebid het vir hierdie spesiale kinders. Moet asseblief nie ophou nie!


1 comment:

  1. Really amazing... well done guys. Just so sorry we could not be with you.

    Looking at all these pictures makes me wish I was a kid at your camp.
    Blessings

    ReplyDelete