Pages

Wednesday, September 25, 2013

Lekker om terug te wees in Bulgarye!

Bulgarye hier is ons!

Wat 'n wonderlike verwelkomingsgeskenk toe Jordan, Jack, Elsabe en Lora ons op Sofia lughawe inwag!! Ons het die Kapenaars, wat reeds 15 jaar in Bulgarye woon en vir die Here werk, nie ook op die lughawe verwag nie!
 

Kuystendil, so 90km vanaf Sofia, is waar hul werk tussen die Roma kinders in verskeie kinderhuise. Lekker om terug te wees! So boomryk!



 Ons het die 'plakkersgemeenskap' waar die kinders vandaan kom besoek en heelwat kindertjies daar gekry wat ons van laasjaar se kamp onthou het! Van hul het ons sowaar herken! Dit was baie baie spesiaal!!


Ons het Maandag ook hul skool besoek waar dieselfde en meer kindertjies ons met groot gejuig begroet het! Hulle is so lief vir Jack en Elsabe, en toe ons arriveer het hul almal uit die klasse uitgestorm! Die onderwyseresse het maar die klok gelui om pouse aan te kondig!


Net soos op die kamp laasjaar is Kobus se "in die lug opgooi speletjie" baie gewild!





 'Spot' vir Kobus hier tussen die kinders! Hul is sooo uitgehonger vir aandag en liefde!

Altwee hierdie outjies het ons onthou van die kamp van laasjaar! Baie spesiaal!

 Ons speel 'n Bulgaarse speletjie! Ek moet maar vinnig leer!


 Altwee hierdie seuntjies was in my oggendgroepie laasjaar op die kamp! Dit was sooo spesiaal om hul weer te sien en te sien hoe hul gegroei het!

Die 'Foundation' wat Jack en Elsabe opgerig het, skenk elke jaar vir hierdie spesifieke kinderhuis en skool hout om hul warm te hou gedurende die winter. Ons was so gelukkig om te aanskou hoe die hout afgelewer word!


Oppad na Gostilitsa.... Bome en bome en nogmaals bome... Ons het alweer vergeet hoe mooi hierdie land is!

No comments:

Post a Comment