Pages

Thursday, July 26, 2012

Ons maak gereed vir die kinders

In die 4 dae voor die kinders opdaag word die hele program deur die vrywilligers uit gewerk. Ek moet sê dit is 'n baie oulike manier om hulle eienaarskap vir die hele program te laat neem. Daar word vir elke dag 4 verskillende aktiwiteite vir die kinders beplan.

In die oggend word 'n bybel verhaal vir die kinders aangebied wat met toneelspel en ander interessante aktiwiteit gepaard gaan. Die word in detail beplan en al die benodigdheid, kostuums ens. volledig voorberei. Vir die oggend program word kinders in 3 verskillend ouderdomsgroepe in gedeel.





Ander aktiwiteite is in span verband met gemengde ouderdomme om regverdige mededinging te verseker.Dit sluit in kuns aktiwiteite, sport en 'n aand program.



Verder is daar natuurlik ook naamkaartjies en 'n telkaart vir elke span nodig.

Die saal word ook volgens die tema, wat van jaar die hemelruim is op gemaak.


Elke kind kry ook 'n pakkie toilet benodig hede wat vooraf op gemaak word.





'n aantal basiese Bulgaarse woorde moet geleer word.


Bulgaarse liedjies moet geoefen word.

Natuurlik moet daar ook 'n kamp dans wees.

En nog baie ander dinge het wat ons nogal besig gehou het, maar nou wag ons net vir die kinders om later vandag op te daag!

Monday, July 23, 2012

Die kamp breek aan!


Die groot dag van die kamp het gekom!!
33 vrywilligers van amper regoor die wereld het vanoggend op busstasie in Sofia ontmoet, waarna ons vir amper 2 ure na die kampterrein in die berge, suid van Sofia vertrek het! 


Ek moet se, tussen so ‘n jong klomp, voel ek nogal dat my studentedae ver in die verlede le… Hul entoesiasme is werklik aansteeklik en gee mens sommer baie energie! 



Ons leer die lied ‘The name of the Lord’ in Bulgaars! Dis so lekker om so in ‘n groep weer saam te sing en te lag! Almal is so opgewonde om die kinders te dien en net liefde te gee! Die kinders kom eers Vrydagoggend. Hierdie tyd vooraf word spandeer vir die groep vrywilligers om mekaar te leer ken en die program vir die week met die kinders saam te stel. Liedjies in Bulgaars moet geleer word, speletjies moet saam uitgewerk word, en almal gaan inspring en help met al die ander voorbereidings voor die 50 kindertjies uit baie moeilike omstandighede kan arriveer.


Ons kamer, met 'n stoepie wat mens in die bos laat voel! Heerlik!
 


 Middagete - bone sop en wors, met waatlemoen vir nagereg.


Hier voor saam ons aan die tafel is Jack en Elsabe. Dis die 14e kamp wat hul hier in Bulgarye hou! en Jack word 70 volgende Maandag, die 30e Julie!

Ons vertrou dat God ons elkeen ‘n dienende hart sal gee... Ons is so dankbaar teenoor Hom vir hierdie geleentheid!

Friday, July 20, 2012

Ons neem afskeid




Hierdie is 'n week van afskeid. Eers neem ons van ons familie afskeid wat ons werklik op elke vlak (fisies, geestelik, emosioneel) kom seën het met hulle besoek. My Sus gaan terug SA toe, so darem gaan dit nie te lank wees voor ons haar weer sien nie.  Casper en Vita gaan terug na Houston Texas,  duisende kilometers van hier en duisende kilometers van SA af. Oor die laaste 10 jaar of so het ons die tipe afskeid al 'n paar keer in geoefen. 
Ons het saam gekuier






Die oggend en veral die paar ure voor die tyd leef mens so 'n bietjie in ontkenning, dink nie te veel oor wat later die dag gaan gebeur nie, gesels doelbewus oor positiewe dinge en maak 'n lawwe grappie of twee. Hoewel ons ver uitmekaar gaan wees, is dit werklik 'n voorreg om te weet dat elkeen is waar God voor die grondlegging van die aarde vir ons beplan het om te wees.  Na al die jare is dit tot 'n groot mate die band wat ons in Christus het wat maak dat ons steeds so baie gemeenskaplik het, al leef ons in verskillende wêrelde. Wat 'n voorreg! 
Ons het saam gewerk








Sondag vat ons die bus na Sofia om aan te sluit by ander vrywilligers van reg oor die wêreld om die kamp met die kinderhuis kinders mee te maak. Dan neem ons ook vir die eerste keer afskeid van Gostilitsa. Aan die eenkant sou mens verwag dat jy opgewonde moet wees om die terugtog huis toe, terug na die bekende, te begin. Tog is daar teen my verwagting allerhande vreemde emosies wat in my broei wat ek nie regtig kan verwoord nie en definitief nie verstaan nie. Dit is amper of ek meer onseker is om terug te gaan na die "bekende" as wat ek was om hierheen te kom . . .  Ek wonder ook onwillekeurig of ons nog "'n huis" het, want ek kan eerlik sê dat ek tot nou toe nog nie huis toe verlang het nie, nie na Glen Austin (waar ons die laaste 3 maande gebly het) nie en ook nie na Wapadrand (waar ons die vorige 12 jaar gebly het) nie. Dis vreemd . . .? (Ek verlang wel plaas toe!)

Ons het saam gespeel




Ons begin stadig maar seker uitsien na die kinderhuis kinderkamp wat ons die volgende 2 weke gaan bywoon. Dit is nou die 14de jaar wat Jack en Elsabe die kamp aanbied en vanjaar kom daar 33 internasionale vrywilligers van Engeland, Ierland, Skotland, Indië, Finland, Duitsland.
Amerika, Bulgarye en Suid Afrika. Ons vertrou dat dit vir ons 'n leerskool sal wees geestelik sowel as prakties i.t.v. die kinderhuis kampe wat ons op die bosveld plaas oor skool vakansies aanbied.

Ons het saam die mooi van Bulgarye geniet








Monday, July 16, 2012

'n Oggend om te reflekteer...

Ons tydjie saam met die familie hardloop uit en so staan ons ook in die laaste week van ons tydjie hier in Gostilitsa. Sjoe... Hoe vinnig die tyd nie uitloop nie... Gemengde emosies dwel binne... Ek neem 'n tydjie om te reflekteer op God se grootheid en guns oor ons pad die afgelope tyd.





Karen het die volgende 'link' vir my aangestuur oor die naweek, en sjoe... wat 'n ingrypende storie! 'n Storie wat ons aanmoedig om ons kruis op te neem... Gaan lees dit asb self.


Dankie vir almal se belangstelling, gebede, e-posse en boodskappe, asook finansiele ondersteuning. Mag God elkeen van julle kom aanraak, vandag en elke dag...

Saturday, July 14, 2012

Reinforcements have arrived

Fresh bodies, eager to pull their weight!


The stinging nettle on the property has grown back a lot again and really 'bites' you when going to the compost heap!

Stones from all over the property were used to form a pathway. This exercise built up quite a sweat (and muscle)!

Vita, farm girl from the Free State, suggested that the stinging nettles be burned! Well done Vita, Christoph and Liesel!

 Casper busy chopping wood for the outside shower.

Roof tiles flying...




"This is taking longer than expected...!!"