Hierdie is 'n week van afskeid. Eers neem ons van ons familie afskeid
wat ons werklik op elke vlak (fisies, geestelik, emosioneel) kom seën
het met hulle besoek. My Sus gaan terug SA toe, so darem gaan dit nie te
lank wees voor ons haar weer sien nie. Casper en Vita gaan terug na
Houston Texas, duisende kilometers van hier en duisende kilometers van
SA af. Oor die laaste 10 jaar of so het ons die tipe afskeid al 'n paar
keer in geoefen.
Die oggend en veral die paar ure voor die tyd leef mens
so 'n bietjie in ontkenning, dink nie te veel oor wat later die dag
gaan gebeur nie, gesels doelbewus oor positiewe dinge en maak 'n lawwe
grappie of twee. Hoewel ons ver uitmekaar gaan wees, is dit werklik 'n
voorreg om te weet dat elkeen is waar God voor die grondlegging van die
aarde vir ons beplan het om te wees. Na al die jare is dit tot 'n groot
mate die band wat ons in Christus het wat maak dat ons steeds so baie
gemeenskaplik het, al leef ons in verskillende wêrelde. Wat 'n voorreg!
Ons het saam gewerk
Ons het saam gespeel
Ons begin stadig maar seker uitsien na die kinderhuis kinderkamp wat ons die volgende 2 weke gaan bywoon. Dit is nou die 14de jaar wat Jack en Elsabe die kamp aanbied en vanjaar kom daar 33 internasionale vrywilligers van Engeland, Ierland, Skotland, Indië, Finland, Duitsland.
Amerika, Bulgarye en Suid Afrika. Ons vertrou dat dit vir ons 'n leerskool sal wees geestelik sowel as prakties i.t.v. die kinderhuis kampe wat ons op die bosveld plaas oor skool vakansies aanbied.
Ons het saam die mooi van Bulgarye geniet
No comments:
Post a Comment