Pages

Thursday, July 26, 2012

Ons maak gereed vir die kinders

In die 4 dae voor die kinders opdaag word die hele program deur die vrywilligers uit gewerk. Ek moet sê dit is 'n baie oulike manier om hulle eienaarskap vir die hele program te laat neem. Daar word vir elke dag 4 verskillende aktiwiteite vir die kinders beplan.

In die oggend word 'n bybel verhaal vir die kinders aangebied wat met toneelspel en ander interessante aktiwiteit gepaard gaan. Die word in detail beplan en al die benodigdheid, kostuums ens. volledig voorberei. Vir die oggend program word kinders in 3 verskillend ouderdomsgroepe in gedeel.





Ander aktiwiteite is in span verband met gemengde ouderdomme om regverdige mededinging te verseker.Dit sluit in kuns aktiwiteite, sport en 'n aand program.



Verder is daar natuurlik ook naamkaartjies en 'n telkaart vir elke span nodig.

Die saal word ook volgens die tema, wat van jaar die hemelruim is op gemaak.


Elke kind kry ook 'n pakkie toilet benodig hede wat vooraf op gemaak word.





'n aantal basiese Bulgaarse woorde moet geleer word.


Bulgaarse liedjies moet geoefen word.

Natuurlik moet daar ook 'n kamp dans wees.

En nog baie ander dinge het wat ons nogal besig gehou het, maar nou wag ons net vir die kinders om later vandag op te daag!

No comments:

Post a Comment