Pages

Monday, July 23, 2012

Die kamp breek aan!


Die groot dag van die kamp het gekom!!
33 vrywilligers van amper regoor die wereld het vanoggend op busstasie in Sofia ontmoet, waarna ons vir amper 2 ure na die kampterrein in die berge, suid van Sofia vertrek het! 


Ek moet se, tussen so ‘n jong klomp, voel ek nogal dat my studentedae ver in die verlede le… Hul entoesiasme is werklik aansteeklik en gee mens sommer baie energie! 



Ons leer die lied ‘The name of the Lord’ in Bulgaars! Dis so lekker om so in ‘n groep weer saam te sing en te lag! Almal is so opgewonde om die kinders te dien en net liefde te gee! Die kinders kom eers Vrydagoggend. Hierdie tyd vooraf word spandeer vir die groep vrywilligers om mekaar te leer ken en die program vir die week met die kinders saam te stel. Liedjies in Bulgaars moet geleer word, speletjies moet saam uitgewerk word, en almal gaan inspring en help met al die ander voorbereidings voor die 50 kindertjies uit baie moeilike omstandighede kan arriveer.


Ons kamer, met 'n stoepie wat mens in die bos laat voel! Heerlik!
 


 Middagete - bone sop en wors, met waatlemoen vir nagereg.


Hier voor saam ons aan die tafel is Jack en Elsabe. Dis die 14e kamp wat hul hier in Bulgarye hou! en Jack word 70 volgende Maandag, die 30e Julie!

Ons vertrou dat God ons elkeen ‘n dienende hart sal gee... Ons is so dankbaar teenoor Hom vir hierdie geleentheid!

No comments:

Post a Comment