Pages

Monday, July 16, 2012

'n Oggend om te reflekteer...

Ons tydjie saam met die familie hardloop uit en so staan ons ook in die laaste week van ons tydjie hier in Gostilitsa. Sjoe... Hoe vinnig die tyd nie uitloop nie... Gemengde emosies dwel binne... Ek neem 'n tydjie om te reflekteer op God se grootheid en guns oor ons pad die afgelope tyd.





Karen het die volgende 'link' vir my aangestuur oor die naweek, en sjoe... wat 'n ingrypende storie! 'n Storie wat ons aanmoedig om ons kruis op te neem... Gaan lees dit asb self.


Dankie vir almal se belangstelling, gebede, e-posse en boodskappe, asook finansiele ondersteuning. Mag God elkeen van julle kom aanraak, vandag en elke dag...

Saturday, July 14, 2012

Reinforcements have arrived

Fresh bodies, eager to pull their weight!


The stinging nettle on the property has grown back a lot again and really 'bites' you when going to the compost heap!

Stones from all over the property were used to form a pathway. This exercise built up quite a sweat (and muscle)!

Vita, farm girl from the Free State, suggested that the stinging nettles be burned! Well done Vita, Christoph and Liesel!

 Casper busy chopping wood for the outside shower.

Roof tiles flying...




"This is taking longer than expected...!!"

Wednesday, July 11, 2012

God knows what we need, even before we do...


And then the family arrived! Casper and Vita (Kobus’s brother and wife) all the way from the United States and Liesel (Kobus’s sister) from Centurion! As Kobus said, “This is unreal”! Their coming here has done so much for us! The song that I was listening to this morning expressed what their visit means to me…
“King of Wonders, we stand amaze, there’s no other, other than You, King of Wonders, You know the way to our hearts and the more we see the more we love You…”

God bless us in so many ways… we take so much for granted in this world… and when I started to really really feel lonely, God sent them… 
He blesses us in so many small things, and big,
He know what we will need, even before we do… 
Them physically being here goes far beyond what the eye can see… building us spiritually, emotionally as well us supporting us in the physical work.

Building us spiritually is such a vital part. It made me realize how many of God's workers are out there in the field, so desperately needing the Body ... To love, understand and support them. Obeying when God tells you to get involved, whether it is in praying for them, giving finances, in sending an e-mail, phoning them, or get on an airplane and go and visit them. God uses each of us, in so many different ways. 

Christoph and the little kittens have invaded Liesel's room, and I'm not sure who loves it the most...
I really think that Christoph is in heaven! So much love ... God is so good!
He needed this...

O, do I enjoy feeding them the wonderful food we get here in Bulgaria! What a privilege! For me, living without my "Woolies", was hard at first, but wow, I cannot get enough of the good fresh food,(no artificial ripening chemicals or preservatives) that God gives us here in this amazingly different country! His provision is abundantly...

Our lounge / dining room / cum whatever we need it for! Thank you Jordan for fixing these chairs! Everybody loves them!!
Talking about Jordan, our Bulgarian Recces went off to Thailand to assist Philip in rebuilding his house after been flooded time and time again. Please visit Philip and Jean-Pierre's blogs to see how incredible God is using His family to support others in need!
http://www.taaiboernewsletter.blogspot.com/

Friday, July 6, 2012

Vordering vereis harde werk

Homeschool op sy beste! Christoph leer van elektrisiteit by niemand beter as sy Pa nie! Hy moet selfs in die dak rondkruip om drade te help deurtrek!


Die nuwe verdeelbord - die installasie word solank meer permanent gemaak, met die hoop dat die elektrisiteitskoppeling nog sal kom voor ons moet vertrek. Ja, op hierdie stadium het ons nog steeds nie ons eie elektrisiteit nie, ons gebruik nog Iva s'n via 'n draad oor die pad! Uniek!! Maar baie funksioneel!

'n Man sweet daar bo in die dak, veral terwyl dit so 37 grade in Gostilitsa is!

Daar is baie eerste keer gebeure en take vir pa en seun hier! Wat 'n voorreg om als so saam te beleef! En Christoph is 'n wonderlike handlanger, leerder asook grappie-maker hier! Om nie eers te praat van taal-leer nie! Sy uitspraak klop ons s'n by verre! 


Die een kamer se plafon is regtig kus, en hierdie is 'n projek wat saam aangepak is! Voorwaar harde werk en baie planne maak om die borde bo in die lug te kry. Maar, hoe se hulle, 'n boer maak 'n plan...



Kobus het die raam gebou om die bord bo in posisie te hou, terwyl hy of Christoph dit vassit teen die dwarsbalke van staal. Ons was te bang dat die nat Bukgaarse hout sal krom trek, en dan sit jy 3 maande later met 'n skewe dak...

O, ja, en ek moet onthou om te vertel dat die dak glad nie gelyk of waterpas is nie... Die voorbereiding om die dak waterpas te kry het baie tyd geverg! Asook om die staalspore iewers aan die porieuse dak vasgemaak te kry. Maar ons glo dat dit als die moeite werd sal wees op die ou end...
 Amper klaar ...


En siedaar!!

Die plafon is geinstalleer, gordynreelings opgesit en gordyne gehang! Wat 'n lekkerte om hierdie kamer nou te kan mooimaak!

Monday, July 2, 2012

Dit Storm in Gostilitsa

Verlede Saterdagnag, na 'n paar heerlike warm dae, het ons ons eerste donderstorm in Bulgarye beleef. So teen 23:00 toe ons in die bed klim kon ons weerlig blitse in die verte sien en so uur of wat later het dit behoorlik uitgesak met sterk wind. Vensters wat semi permanent oop staan is inderhaas toe gemaak. Sondag oggend was tekens van die storm duidelik sigbaar. Liewe Tannie Deshka het ook sommer vroeg-vroeg kom inloer om te kyk wat die skade aan ons groentetuin is. 'n Half uur later was sy terug met nuwe plantjies om die gesneuweldes te vervang.


Die storm het ook 'n paar swak plekke aan die "house barn" se dak ontbloot . . .



en eina!

Een van die teëls het op die kar se modderskerm beland.

Nou eers gou al die teëls waar die hout nie meer so wel is nie 'n bietjie terugskuif voor daar nog teëls afval. . . . dan kan ons weer aangaan met die werk wat ons eintlik vir vandag beplan het. Hierdie dak sal maar moet wag vir 'n ander dag.


Saturday, June 30, 2012

Waardeer die klein dingetjies om jou

Hoe gaan mens van oorlewing na belewing....

Is mens daagliks besig om besig te wees om dinge te doen, afgehandel te kry, in 'n mate net te 'oorleef'? Dis so 'n groot deel van ons bestaan. God het dit so paar oggende terug op my hart kom lê dat ons nie so gefokus moet wees op die fisiese doen van dinge nie, maar eerder die lewe moet belewe ... als om jou èn dit waarmee jy besig is. 

 Somer beteken blomme! Oral is malvaplantjies wat die huise verfraai!

 Die suurpruim boom se takke hang skoon swaar met al die baie vruggies aan.

Die nagtegaal se gunsteling plek in ons tuin... En wanneer dit donker word net so voor half tien saans, dan sien jy vuurvliegies oral oor, selfs binne in die huis!


 Hierdie ou Fiat model, is nie 'n vreemde gesig in Gostilitsa nie. Inteendeel, hulle is nogal volop reg deur die 'village'! Wittes, rooies en selfs bloues!

 Veldblommetjies langs die pad...

Nog nooit so 'n groot 'dandelion' gesien nie!

'n Drom met 'n band bo-op... ons asblik cum tafel ... improviseer... 

 Net buite Gostilitsa... my stilword-plekkie

 Waterput, net boontoe in die straat.

 Versiering van 'n huis hier naby ... ons huis dateer uit dieselfde tyd!

 Skoorsteen

Net nog 'n straatjie na boontoe in die village...

Thursday, June 28, 2012

Koffie, kuiergaste en kat-dinge

Jack, Elsabe en Lora Louw het al die pad van Sofia af (3 ure se ry!) vir ons  kom kuier! Wat 'n lekkerte was dit nie gewees nie! Ons het te lekker in Afrikaans gekuier, harte gedeel asook roomys gaan eet in ons eie klein en enigste winkel(tjie) hier in Gostilitsa!


Ons ontmoet hul die 22ste Julie in Sofia, waar ons 2 weke saam met hulle en nog 32 ander vrywilligers van oor die hele wêreld 'n kamp met 50 kinders van Bulgarye gaan meemaak. Jack en Elsabe is nou al 14 jaar woonagtig hier in Bulgarye en bied jaarliks hierdie kamp aan. Ons vertrou dat God elkeen van ons kragtig sal gebruik in elke kind se lewe.


Die uitsig vanaf die boonste verdieping laat my telkens stilstaan voor ek by die trappe af loop... Dit is net ongelooflik mooi!


Uitsig vanuit ons kamer venster, dorp se kant toe. Ek en Christoph stap elke dag winkel toe om brood, katkos of aartappels te koop, maar die eintlike rede is die kontak met wie ookal ons in die straat of in die winkel raakloop! Verhoudinge word gebou en die taal word geoefen! Dit gaan maar stadig... maar ons selfvertroue staan vir niks terug nie!


Sondagmiddag koffie en koekies by Marianna (van die skool) en haar ouma en oupa se huis met al die ander familie wat baie vrae oor Suid-Afrika te vra het! Die arme Marianna en haar sussie (nie in die foto hierbo) moes net bontstaan met die vertaling! Want nie een van hul praat Engels nie en ons gebroke Bulgaars gaan ons in so 'n gekuier nie veel help nie!



Die katjies is te oulik vir woorde! Ons geniet hulle baie! Mamma-kat Abu het haar eerste muis ingebring vir die kleintjies. Ons aldrie het die affêre groot-oog dopgehou en was verstom om te sien hoe Abu die kleintjies se aandag op die muis probeer vestig het. Asook hoe sy die vangery mimiek en hulle probeer kry om dit na te boots! Mens besef net weer hoe ongelooflik God alles gemaak het ...


Christoph se klimrame kry groot aftrek! Hul klim en klouter al te oulik! Die 'bokspring'-mannewales is vir ons die oulikste!!


 Een keer 'n week neem ons die uittog na Veliko Turnovo vir aankoop van voorrade. Dit bly vir ons een van die mooiste plekke in Bulgarye! Die strate was laasweek Vrydag aand vol studente en gesinne wat die lekker warm weer geniet en sommer net rondloop en kuier! Die atmosfeer was aansteeklik ...