Pages

Friday, July 6, 2012

Vordering vereis harde werk

Homeschool op sy beste! Christoph leer van elektrisiteit by niemand beter as sy Pa nie! Hy moet selfs in die dak rondkruip om drade te help deurtrek!


Die nuwe verdeelbord - die installasie word solank meer permanent gemaak, met die hoop dat die elektrisiteitskoppeling nog sal kom voor ons moet vertrek. Ja, op hierdie stadium het ons nog steeds nie ons eie elektrisiteit nie, ons gebruik nog Iva s'n via 'n draad oor die pad! Uniek!! Maar baie funksioneel!

'n Man sweet daar bo in die dak, veral terwyl dit so 37 grade in Gostilitsa is!

Daar is baie eerste keer gebeure en take vir pa en seun hier! Wat 'n voorreg om als so saam te beleef! En Christoph is 'n wonderlike handlanger, leerder asook grappie-maker hier! Om nie eers te praat van taal-leer nie! Sy uitspraak klop ons s'n by verre! 


Die een kamer se plafon is regtig kus, en hierdie is 'n projek wat saam aangepak is! Voorwaar harde werk en baie planne maak om die borde bo in die lug te kry. Maar, hoe se hulle, 'n boer maak 'n plan...



Kobus het die raam gebou om die bord bo in posisie te hou, terwyl hy of Christoph dit vassit teen die dwarsbalke van staal. Ons was te bang dat die nat Bukgaarse hout sal krom trek, en dan sit jy 3 maande later met 'n skewe dak...

O, ja, en ek moet onthou om te vertel dat die dak glad nie gelyk of waterpas is nie... Die voorbereiding om die dak waterpas te kry het baie tyd geverg! Asook om die staalspore iewers aan die porieuse dak vasgemaak te kry. Maar ons glo dat dit als die moeite werd sal wees op die ou end...
 Amper klaar ...


En siedaar!!

Die plafon is geinstalleer, gordynreelings opgesit en gordyne gehang! Wat 'n lekkerte om hierdie kamer nou te kan mooimaak!

5 comments:

  1. mooi so ! dit lyk pragtig jul al drie !

    ReplyDelete
  2. WOW... Cannot wait to to see it first hand. Well done guys...
    Very proud of you, especially getting it straight and level... Major task.
    By the way you will never regret the first hand home schooling.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Thank you JP. Must admit, this being the first ceiling I ever did, I SERIOUSLY underestimated the amount of work involved :-)

      Delete
  3. Woo hoo! You fellas are doing an amazing job! I commend you. Congrats all the way!

    ReplyDelete
  4. Dit lyk wonderlik! En die gordyne pas perfek!
    Mark 10:29-31
    29 Jesus said, Truly I tell you, there is no one who has given up and left house or brothers or sisters or mother or father or children or lands for My sake and for the Gospel’s30 Who will not receive a hundred times as much now in this time--houses and brothers and sisters and mothers and children and lands, with persecutions--and in the age to come, eternal life.31 But many [who are now] first will be last [then], and many [who are now] last will be first [then].

    ReplyDelete