Pages

Monday, July 2, 2012

Dit Storm in Gostilitsa

Verlede Saterdagnag, na 'n paar heerlike warm dae, het ons ons eerste donderstorm in Bulgarye beleef. So teen 23:00 toe ons in die bed klim kon ons weerlig blitse in die verte sien en so uur of wat later het dit behoorlik uitgesak met sterk wind. Vensters wat semi permanent oop staan is inderhaas toe gemaak. Sondag oggend was tekens van die storm duidelik sigbaar. Liewe Tannie Deshka het ook sommer vroeg-vroeg kom inloer om te kyk wat die skade aan ons groentetuin is. 'n Half uur later was sy terug met nuwe plantjies om die gesneuweldes te vervang.


Die storm het ook 'n paar swak plekke aan die "house barn" se dak ontbloot . . .



en eina!

Een van die teëls het op die kar se modderskerm beland.

Nou eers gou al die teëls waar die hout nie meer so wel is nie 'n bietjie terugskuif voor daar nog teëls afval. . . . dan kan ons weer aangaan met die werk wat ons eintlik vir vandag beplan het. Hierdie dak sal maar moet wag vir 'n ander dag.


No comments:

Post a Comment