Pages

Tuesday, January 25, 2011

Eerste dag in Viëtnam

Eers per minibus en toe verder per boot op die Mekong rivier het ons die grens na Viëtnam oorgesteek. Het die eerste aand in "Chau Doc" geslaap.

"Kyk ma, niks hande". Ons boot bestuurder het darem hande gehad, maar blykbaar is dit opsioneel vir sy werk.


Het gedink die mense in Kambodja kan 'n motorfiets laai, maar lyk my nie of die Viëtnamese een tree terugstaan nie.


Sal liewers nie met die klein mensies van Viëtnam moeilikheid soek nie .....


Christoph het nou die "chopsticks" bemeester. Dit is meer as wat die res van ons (gesin) kan se.
Posted by Picasa

No comments:

Post a Comment