Pages

Thursday, October 6, 2011

Ontmoeting met Jack en Elsabe

Uiteindelik! Ons ontmoet vir Jack en Elsabe Louw, sendelinge in Bulgarye, werksaam in die kinderhuise. Ons kan net nie ophou gesels nie!! Is skielik bang die 4 dae saam gaan nie genoeg wees nie! Ons het sooo baie om te deel... En hul geniet die kuier in Afrikaans ook geweldig!

Saam met ons hier is die 'pastor' van die plaaslike Evangeliese Kerk hier in Bulgarye, Pavel en sy vrou Katia en hul kleindogter Maggi (linkerkant van die foto). 


Na 10 dae in volwasse geselskap alleen geniet Christoph die 2-jarige maatjie baie! En taal maak glad nie saak nie... alhoewel Christoph ons by verre voor is met die aanleer van 'Bulgarski'! 


Ons besoek more 2 kinderhuise in die omgewing. Ons glo dat dit 'n spesiale ervaring gaan wees.

No comments:

Post a Comment