Pages

Sunday, October 2, 2011

Terug blik op die laaste week

Die laaste week het definitief anders uitgedraai as wat ons verwag het, nie dat ons regtig geweet het wat om te verwag nie. Die visie om ‘n vastrap plek vir KE (Kingdom Encounters)  in die Europese Unie (EU) te kry was voorwaar ‘n leer proses, opwindend, frustrerend,   en met tye selfs intimiderend. Dit was ‘n belewenis om te ervaar hoe die sirkel al hoe kleiner geword het van ‘n land na ‘n streek . . . 
 van ‘n streek na ‘n dorp . . . 


en van ‘n dorp na ‘n spesifiek huis . . .

















Ons kan met eerlikheid se dat na elke tree ons volkome vrede gehad het dat ons op die regte pad was. Dit, nieteenstaande dat daar soms tussen voet optel en voet neersit  te doen gekry het met ‘n magdom van emosies, ‘n stort vloed van gedagtes en ‘n deeglike bewustheid dat ons nie eers met dit wat ons nou weet alles kan uit redeneer nie . . .

Hoe dit ook al sy, die “Kindom Encounters” maatskappy dokumente is in, die aanbod is gemaak, nou wag ons net om te hoor van die Italianer aan wie die eiendom behoort. Dankie vir almal se gebede.

No comments:

Post a Comment