Pages

Tuesday, October 4, 2011

Spesiale ervaringe...

Ons 'buur-tannie' in Slaveykovo,Stefanie (heel links), se verjaardag word op tradisionele manier gevier. Almal (die ou tannies en een ou omie) wat in die 'village' bly kom bymekaar in die ou stadsaal.


Hulle opregtheid laat 'n knop in die keel...

Iliena lees 'n gedig in Bulgarski ... ons verstaan nie 'n woord nie, maar ek en Rita huil snot en trane! Die mensies kruip diep in mens se hart in, veral die ouer tannies. Hul praat nie 'n woord Engels nie, maar ons kommunikeer met 'n ander taal, een wat ver bo woorde strek ... Dis onbeskryflik...

Dis maklik om die oom se ouderdom by hom te 'hoor' - dis net 8 vol hande (met 10 vingers aan) en nog 2 hande met 8 vingers, en 'n baie bree glimlag!

1 comment: