Pages

Wednesday, October 5, 2011

Rila Monastery

Rila Monastery van die Ortodokse kerk (ook genoem die Bulgarian Jerusalem)
Saint John van Rila (gebore in 876), bekend as die ‘Miracle Worker’ het homself voor God afgesonder en hier kom vestig. Dit het ‘n plek van afsondering vir die monnike geword. Gaan lees gerus meer hiervan op die internet.
Om daar te wees en die sigbare in te drink, het ‘n oorweldigende hartseer binne my gewek. Oor ‘n tydperk van amper 12 eeue het daar soveel gebeur met ons Christelike geloof... Hoeveel verskillende sytakke is daar? Hoeveel van hulle ken vir Jesus as hul Saligmaker en Redder... Hoeveel van hulle het ‘n lewende verhouding met ons Pappa Vader...? Is daar vandag nog van hierdie ‘rituele’ sonder verhouding in ons hedendaagse kerke? Soveel vrae... soveel introspeksie ... O Vader, hou ons naby U! Help ons om nie te verval in ‘n ‘geloof’ nie!
1Kor 13:12  Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.
1Kor 13:13  En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

  




Die muur – en dakskilderye is iets van ‘n ander aard! Al die detail!! Wat sou dit alles uitbeeld?





 Die name ‘Abram, Isak en Jakob’ is duidelik sigbaar op hierdie skildery. Wie die persoon links voorstel, weet ons nie. 

 'n Priester

1 comment: