Pages

Wednesday, October 5, 2011

Time out


Ons het besluit om vandag net ‘n bietjie “af te vat” om emosioneel en geestelik voor te berei vir die tyd wat ons saam met Jack en Elsabe met hulle kinderbediening gaan spandeer. Ons sien baie uit daarna, nie net omdat ons ‘n sagte plekkie vir kinders het nie, maar veral omdat dit glad nie deel van ons aanvanklike beplanning was nie.  Dit het eers navore gekom het nadat ons reeds besluit het om die tyd in Bulgarye te spandeer.   (The Lora Foundation)
Ons het regtig ‘n verwagting dat daar iets spesiaal vir ons wag en moontlik selfs ‘n sleutel wat ‘n deur na meer duidelikheid oor ons roeping sal oopsluit . . . moontlik een of ander openbaring (revelation), dalk iets spesifiek wat ons moet leer of dalk moet ons net die kinders gaan dien . . .


1 comment: