Pages

Wednesday, June 20, 2012

Doen en late in Gostilitsa...

Wat sal ons doen sonder tannie Deschka! Sy is dierbaar en as dit nie haasbredie is nie, bring sy vars eiers of ingelegte tamatiesap en selfs plantjies uit haar eie tuin! Sy is een in woord: DIERBAAR! O, Haneka...!! En Christoph kry tien soene en 'n groot druk! Gelukkig het Rita my gewaarsku en het ek 'n koekresep of 2 saamgebring om ook van my kant af te kan bederf! En as jy nie geblikte appels kry nie, skil jy sommer groen appels en stowe dit self, en sif koekmeel saam met bakpoeier 4 keer om bruismeel te maak, wat jy ook nie hier kry nie! En siedaar, heerlike appeltert!!!  

 Haasvleis (ook uit haar ... mmm ... agtertuin!)

 Tannie Deschka se hoenders en kuikens.


'n Deel van haar groentetuin. Nee, kyk, groen vingers het sy beslis! En tuinmaak, wel, ek dink sy is 'n ster!

 Christoph woes besig om die grond voor te berei vir ons groente bedding. Ons wou blommetjies plant maar  het agtergekom dat groente so belangrik is vir die mense, dat dit 'n beter plan is om eerder groente te plant om te 'belong' ... Iets wat baie belangrik is...

 Deschka bring tamatieplantjies uit haar tuin en help ons selfs om dit te plant! Iets waaroor ek baie dankbaar is, want ek het nog nooit vantevore tamaties geplant nie!


Gostilitsa het 'n koei! Sy wei vroegaand in die strate en hierdie foto is geneem so net na 9 in die aand, so 4 huise van ons af. Wat 'n interessante gesig!

 Die huiskat Abu, kom soek bietjie liefde en aandag.

Mamma Abu by haar 2 kleintjies.








Christoph bou self vir hul 'n 'jungle gym' of twee. Dis nou sommer praktiese opleiding met die boor, saag en allerhande gereedskap. 


 Die katjies is hier so tussen 3 en 4 wekies oud. Sal sien hoe hul groter word! Hul was aanvanklik maar baie lomp, maar spring nou al as hul Christoph hoor aankom! Te oulik!


3 comments:

  1. Oh WOW!!!!
    It looks and sounds as if you have found your new home - we are in awe of HIS faithfulness.
    It is so amazing to witness the results of your obedience.
    We are so priveledged to witness your joureny - thank you for sharing the wonders - it really gives us the hope and courage to continue.
    Love you guys lots
    Mark & Paulien

    ReplyDelete
  2. Mark,

    Thank you so much for sharing your perspective with us.

    Hanneke and I spoke a couple of times during the last week about our fears of missing God during the middle part of this trip - since we did not and are still not sure exactly what His has planned for us during this time. Your feedback (and also that of other) has really encouraged us. I guess nothing different to the previous time we on a trip to "the nations" a lot of thing will only become clear after we return and reflect on our time in Bulgaria.

    Thank you again.

    Kobus

    ReplyDelete
  3. So absolutely great... Just thinking KE has a video making department... maybe this can be our next venture? We have all the equipment... We are currently short of a video-grapher but hey if there is no one else we can jump in ourselves. What do you think?

    ReplyDelete