Pages

Saturday, June 9, 2012

'n Baie spesiale groep mense

Spesiale oomblikke saam met die span...

2 weke van dien, in 'n vreemde land, vreemde taal, vreemde gebruiksartikels, vreemde kos, vreemde werkies, vreemde geluide, vreemde reuke, vreemde mense...

Dankie vir elkeen wat deel uitgemaak het van die eerste dien-span na Bulgarye. Dankie dat jul saam met ons hierdie 'journey' aangepak het. Dankie dat jul God toegelaat het om in jul lewens in te spreek. Dankie dat jul nuwe dinge gewaag het, alles om hierdie reis net meer die moeite werd te gemaak het. Ons leer van onsself wanneer ons uitdagende, nuwe en soms waaghalsige dinge aanpak, meer as wat ons dalk altyd wil. Dankie dat ons meer van mekaar ook kon leer, vir al die saam lag en grappies maak, saam gesels, saam bid, saam eet, saam werk en ook saam huil. Elkeen is vir ons baie spesiaal, en ons mis jul baie! Mag elkeen van julle wat daarna soek, jul roeping wat God vir elkeen van julle het, vind. Ons bid saam met julle daarvoor.

 Eerste dag in Bulgarye, oppad na Gostilitsa


       

Ortodokse kerk in Dryonovo, naaste dorp aan Gostilitsa

 Dakteels wat vlieg...

 Die uitsig vanaf die boonste verdieping van die huis, is dit nie ongelooflik nie!

 Ons het 'n groter riolering-sisteem nodig...  

 Die werf, cum werksarea, cum kuierplek...

 Ruskansies was maar min...
 Gostilitsa(na bo) vanaf die hek voor die huis 

 Gostilitsa (na onder in een rigting) met ons gawe tannie Deschka en haar man Stefan


Vars geplukte kersies

Kom ons kyk solank bietjie wat ons vanaand by die Bulgaarse restaurant gaan bestel, woordeboeke is 'n moet!! Daar is dan niks in Engels!!


 Kuier saam met Eva se familie, woordeboek...???

 Ou Wouter, altyd 'n glimlag...

Restourasie


 Dohner in Gabrovo, dis 'n handvol... ek bedoel mondvol...

Gabrovo, met die son se strale wat teen die bome bo teen die heuwel skyn, net na 9 die aand voor son-onder


Christoph het aan die slaap geraak menige aande tydens ons groep-geselsies tot laat-aand



Laaste oomblikke van Gostilitsa...




Sterkte met al die 'back-to-normal' dinge tuis! Tot weer siens, terug in Suid-Afrika, heelwat later hierdie jaar...


No comments:

Post a Comment