Pages

Sunday, June 17, 2012

National Folklure Festival... wat 'n fees!!!


Ons groot bederf-aand in Arbanassi.. Dankie Here vir hierdie baie spesiale bederf! Ons het nie eers geweet dat die jaarlikse volksdanse fees die dag in Arbanassi gehou word nie! Met die aankoms in Arbanassi, aan die bokant van die berg agter Veliko Tarnovo, so 40 km van ons af, het ons die musiek gehoor en gesien dat die strate toegemaak is vir verkeer. Wat ‘n belewenis het op ons gewag! Dit was absoluut hemels!


Dansgroepe van amper reg oor Bulgarye het hier byeengekom vir hierdie jaarlikse fees!


 Selfs kinder groepe het deelgeneem!




Die wonderlikste van alles vir ons was om te sien hoe die skare mense aan die einde spontaan saam gedans het. Klein en groot, oud en jonk het in die kring ingeval en saamgedans! Vir die Bulgare is hierdie ‘n baie spesiale herinnering aan goeie jare, baie baie jare terug, voor al die slegte dinge wat die laaste 80 jaar of so met Bulgarye gebeur het! Ons het hierdie inligting eers hierdie week ontvang na ons kuier met Marianna…


Handgemaakte items te koop…


Arbanassi is die eerste plek waar ons in Bulgarye aankom, waar soveel gerestoreerde geboue is. Meeste is hotelle en restaurante en vername besigheidsmanne asook sport sterre het huise hier. Interessant… Tog ook hartseer… Maar baie baie mooi…






Uitsig oor die pragtige Veliko Tarnovo vanaf ons oornagplekkie … Dit was WOW!!!


 Kobus besig met ‘n konferensie-vergadering in Suid-Afrika. Ek wonder of hy dit reggekry het om sy aandag by die vergadering te kon hou…


  
Ons sal hierdie feesdag lank onthou, en saam met die Bulgare droom oor ‘n toekoms vir hulle…

1 comment:

  1. I am jealous! in the best possible way of course!... ahem..... my turn will come. How is language doing? its great spending time with the locals because you then have no option but to 'speak' to them... do you find you can understand them a whole lot better now?

    ReplyDelete