Pages

Saturday, June 16, 2012

Volksang en tradisionele kos in Etar


Ons gawe tannie Deschka het ons saamgenooi na ‘n sang- en proe-fees in Etar, so 30 km vanaf Gostilitsa verlede Saterdag. Wat ‘n ondervinding! Gaan lees gerus meer oor hierdie unieke opelug museum in Bulgarye op  http://www.etar.org/index-en.htm



 So waar's die kos?!



Die huise is baie goed bewaar en gerestoreer, asook van die waterwiele en ander apparaat wat jare terug (en steeds) gebruik is.
Die atmosfeer daardie oggend was baie spesiaal! Ons het dit regtig vreeslik baie geniet! 




Die 8e Julie word daar ‘n heuning-fees aangebied en ons beplan verseker om saam met die familie wat kom kuier weer soontoe te gaan!

Snaakse instrument, klink soos ‘n doedelsak.




Ons tannies van Gostilitsa …
Hul kos tafel… mmm, regtig lekker! Elke dorpie in die omgewing se tannies het gesing of gedans en het tradisionele disse voorgesit vir almal om te proe. Hul kos is selfs beoordeel!





Deschka sing ‘n solo…


Tannies van ‘n ander ‘village’ maak iets warm op die vuur… weet nie wat hierdie was nie… dit het egter heerlik geruik!

No comments:

Post a Comment