Ons het in die geloof volstoom aan Eva se badkamer begin werk met die idee om dit teen Vrydag klaar te he sodat sy dit nog kan sien terwyl die hele span hier is. (Vir haar het ons net gesê dat ons gaan probeer om die pyp werk klaar te maak.) Toe Rita egter gister met haar probeer reel om Vrydag middag laat 'n draai te kom maak (sy bly in Gabravo sowat 20 km van Gostilitsa af) laat sy weet dat die enigste tyd wat sy die "Dirty Dosen" (naam wat sy vir die 12 van ons gegee het) kan kom groet is, Donderdagaand 17:00.
Ons het besluit om die uitdaging aan te durf om te kyk of ons betyds sal kan klaar maak. Daar is tot 04:00 die oggend geteel terwyl die volgende skof 06:45 aan diens gekom het. Hoewel nie 100% funksioneel nie was alles in plek teen die tyd wat sy saam met haar man en ma opgedaag het. Dit was alles die moeite werd. Blood net hulle reaksie toe hulle besef wat ons vermag het, het dit reeds die moeite werd, gemaak. Eva het na haar asem gesnak en het onwillekeurig haar hand uitsteek om seker te maak dat sy balans hou.Haar ma het vir Yvonne beduie dat haar bene bewe en haar man se oe was waterig.
Die kersie op die koek was egter toe Eva 'n rukkie later vir Rita se: "my mother says this can only be God" ek kon my ore nie glo nie. Dit was defnitief 'n beskikking dat Eva se ma die middag saam gekom het, want toe Rita haar vra om dit vir Jean-Pierre te herhaal het sy verder uitgebrei: "My mother understand these things and she says that God send you to us." Wat 'n wonderlike voorreg as God mens kan gebruik om homself aan ander te openbaar.
Wat die finansies aan betref het God ook voorsien. Ons kon op die groep se begroting R5000 spaar aan uitgawes wat ons toe vir die badkamer kon aan wend en verder het ons R4000 elektronies ontvang. Baie dankie vir die wat op die manier in God se koninkryk belê het en ons ook in die proses "gebless" het.
Een van die bure wat nog nooit van te vore in Eva se huis was nie het ook kom kyk en 'n mens kan maar net wonder watter storie deur die dorpie gaan versprei . . . Mag dit alleen tot God se eer wees!
Die vloer word gegooi
Die muurtjie tussen die stort en die wasbak word geprakseer
Jean-Pierre doen die teelwerk met 'n handige 'handiman' wat die teelgom uitkrap
Jordan tel nie meer hoeveel keer hy 'grout' moes meng nie!
Alles staan gereed om ge-installeer te word
Die tyd hardloop uit en ons vul letterlik die badkamer in wording met werkbare lywe!
Die stortvloer. Rita het vir Eva die afkorting van die "Dirty Dozen 2012" in sirilies gemosaiek.
Eva arriveer en sien die pype en wonder...
Die verrassing is oorweldigend...
Dankie Here dat ons almal deel kon hê in U plan om hierdie familie te seën! Ons glo en vertrou dat U die saad sal water gee en laat groei! Ons dien 'n lewende almagtige Here!
No comments:
Post a Comment